Ellen White en die Pous oor die lewe van Jesus Christus

Koot van Wyk (DLitt et Phil; ThD) Besoekende Professor, Departement van Bevrydende Opvoeding, Kyungpook Nasionale Universiteit, Sangju Kampus, Suid Korea, Medeaangehegde Professor vir Avondale Kollege, Australie

Ellen White het haar boek oor Christus se lewe geskryf in 1898 en die pous syne in 2010. Sy was ongeskoold met ʼn laerskool opleiding en Pous Ratzinger was ʼn professor van Dogmatiek by die Universiteite van Bonn, Tübingen en Regensburg. Hy het agt ere-doktorsgrade.

DA is die afkorting vir Desire of Ages (1898) van Ellen White en JON is die afkorting vir Ratzinger se Jesus of Nazareth (2010).

Met die skêr in sy hand wat die Sabbat uit die Tien gebooie gesny het en die Sondag daarin gedruk het as aanbiddingsdag, skryf Ratzinger in JON 70-71 “Intussen, is dit noemenswaardig dat Jesus het geen voorneme om die Tien Gebooie af te skaf nie. Inteendeel, Hy versterk dit.” Oor dieselfde geval in die lewe van Christus meld Ellen White in DA 307: “Christus Self het beide die morele en die seremoniële wet gegee. Hy het nie gekom om vertroue te vernietig in Sy eie instruksies nie.”

Oor die Duiwel se Skrif aanhaling’s vermoë in die woestyn van versoeking, skryf Ellen White in DA in 1898: “Hy [Satan] verskyn steeds as ʼn engel van die lig en maak dit duidelik dat hy bekend is met die Skrifte, en verstaan die inslag van wat geskryf is. In DA 115 sê sy: “Toe God’s geskrewe Woord gegee was, het Satan die profesieë bestudeer oor die Koms van die Verlosser.” Oor dieselfde gebeurtenis sê pous Ratzinger in JON 35 in 2010: “Die Duiwel bewys dat hy ʼn  fundie is wat die Psalm presies kan aanhaal.” Pous Ratzinger vervolg: “Opmerkmakend oor hierdie skriftuur gedeelte, sê Joachim Gnilka dat die duiwel homself hier as ʼn teoloog voorstel”. Hy sê: “Die feit is dat skriftuurlike uitleg kan ʼn instrument word in die hande van die Antichris.”

Pous Ratzinger sê in JON 38 oor die sending-doel van Christus: “Is dit nie juis die sending van die Messias nie? Is Hy nie veronderstel om die koning van die wêreld te wees wat die hele aarde verenig in een groot koninkryk van vrede en welwesendheid nie?” Honderd-een-en-twintig jaar vóór die pous skryf Ellen White oor dieselfde geval in DA 129: “Christus se sending kon alleenlik vervul word deur lyding.” Die Pous met sy tien doktorsgrade en Ellen White met haar laerskool opleiding gesteun deur die Heilige Gees Inspirasie.

“Salig is die wat arm van gees is want aan sulkes behoort die koninkryk van die hemele” se Mattheus 5.

Ratzinger sê in JON 77: “Die armte waarvan hierdie tradisie praat is nooit slegs ʼn materiele fenomeen nie. Uitsluitlike materialistiese armte bring nie verlossing nie, alhoewel natuurlik diegene wat verontreg is in die wêreld mag reken op God se goedheid in ʼn spesifieke wyse . . . aan die ander kant, die armte waarvan hier gepraat word is ook nie uitsluitlik ʼn geestelike houding nie.” Ellen White skryf in DA 299 in 1898: “Welgeluksalig is hulle, sê Hy, wie hulle geestelike armte herken en hul behoefte vul met verlossing.”

Ratzinger skryf in JON 54 oor een gebeurtenis in Christus se lewe: “Hierdie is veronderstel om die werklike taak van godsdienste te wees: om saam te werk vir die koms van die ‘Koninkryk’. Hulle is natuurlik volmaak vry om hulle tradisies te bewaar en ook te lewe volgens hul verskeie identiteite, maar hulle moet hul onderskeidelike identiteit bring om inslag te hê op die gemeenskaplike taak van die bou van die “Konkinkryk”, ʼn wereld, met ander woorde, waar vrede, geregtigheid, en respek vir skepping die dominante waardes is.” Ellen White bewoord dit korter as die Pous in DA 312: “Bybelse godsdiens is nie een invloed onder baie nie: dié invloed is die mees verhewe, oorstromend en beherend van al die ander.”

Oor die heiligheid van Christus wat geflits het deur Sy menslikheid skryf Ellen White in DA 421: “Heiligheid van binne flits deur die menslikheid, en ontmoet die glorie wat van bo kom.” Pous Ratzinger haal ʼn teoloog aan in JON 316: “H. Gese het ʼn uitmuntende kommentaar voorsien oor hierdie geval: Jesus self het die Heilige Woord van Openbaring geword. Die Evangelies kon dit nie duideliker illustreer of kragtiger nie: Jesus self is die Torah [Wet] (Zur biblischen Theologie, p. 81).”

Oor die geheue van Maria het beide Ellen White en die Pous geskryf.

Ellen White noem in DA 145 dat “Maria het elke bewys van Jesus dat Hy die Messias is vertroetel. Sy soete onselfsugtige lewe het haar verseker dat Hy niemand anders kan wees as die Gestuurde van God nie. Tog het daar ook tot haar twyfel gekom en teleurstellinge, en sy het begeer vir die tyd wanneer Sy glorie geopenbaar sou word.” Sy skryf voorts in DA 147 oor Maria: “Die enigste hoop van verlossing vir ʼn gevalle mensdom is in Christus: Maria kon alleenlik verlossing vind deur die Lam van God. In haarself het sy geen verdienste besit nie. Haar verbintenis met Jesus plaas haar geensins in ʼn  verskillende geestelike verhouding tot Hom van die van enige ander mens nie.” Die Pous skryf in JON 234 oor Maria: “Maria se geheue is eerstens om al die gebeure te bewaar in haar geheue, maar dit is meer as dit: Dit is ʼn binneste gesprek met alles wat gebeur het. Danksy hierdie gesprek, dring sy diep in die binneste dimensie in, sien sy gebeure in hulle binne-verband, en sy leer om dit te verstaan.”

Oor die Berg van Verheerliking gebeurtenis skryf die Pous in JON 315: “’Die manifestasie van die glorie van Jesus,’ om [Jean] Danielou aan te haal, ‘blyk vir Petrus te wees as die teken dat die tye van die Messias aangebreek het.’” Skryf Ellen White oor dieselfde geval honderd-een-en-twintig jaar voor hom in DA 422: “Die dissipels is houtgerus dat Moses en Elia was gestuur om hul Meester te kom beskerm, en om Sy outoriteit as koning te kom bevestig. Maar vóór die kroon - moes die kruis kom.”

Oor die afskaffing van die tien gebooie skryf die Pous in JON 102: “Die bedoeling is nie om af te skaf nie, maar om te vervul, en hierdie vervulling vereis ʼn byvoeging, nie ʼn aftrekking nie, van geregtigheid . . .aan die begin van hierdie ‘herlesing’- hierdie nuwe lesing van essensiële gedeeltes van die Tora – is daar ʼn benádrukking van uiterste toegewydheid en ongebroke voortdurendheid.”