Geloofsversekering

 

As iemand nie voorgeneem het om gewoonte-sondes af te sweer nie en te laat staan nie, gaan die persoon n baie moeilike stryd he om geloofsverserdheid te he. Die innerlike vrede wat kom dat die Bybel in Ezechiel, onder andere, verklaar dat as die een wat afgedwaal het, sy weg terugvind na die Here, sy sondes is vergewe en Christus veg sy saak vir hom. Punt.

Die tonge praat nog, die hart is opgemaak vir geen sonde as dit kan, en as dit gly, word daar met vreeslike pynlike verdriet beloof en gewerk om nie weer te "val" nie. Die Here vergeef duisend maal duisend kere. Maar die bloed van die Lam moet nie weer vertrap word nie. "Let me be worthy of the price He paid for me" sing Virginia Lee op Youtube.

Wanneer mens pamflette begin los by busstoppe dan voel mens in die wegtrek dat die Gees van God n ontsettende vrede oor die hart laat kom. As mens besluit soos Dawid in sy Psalm, dat hy gaan opstaan net voor die son opkom, om die morestond wakker te maak met liedere en gelees uit die Woord van God, dan ervaar mens dat die moegheid wat daar vroeer was om op te staan, verdwyn en n gesondheid in is in die liggaam wat my totaal verbaas. Ek kan dit amper nie glo nie. Ek is n laatslaper gewees.

As mens die waarheid begin soek, dan vind mens dit.

As mens dink aan geld wat nodig gaan wees en bid daarvoor dan is dit daar.

Gebede word beantwoord.

Maar God is n God van detail. Mens moet Sy detail respekteer soos byvoorbeeld: "Guard the edges of the Sabbath". Vreeslik belangrik vir Hom. Hoekom, omdat die teendeel ook waar is, Hy stel in jou persoonlike detail belang, byvoorbeeld jy het nou n hoofpyn en Hy weet daarvan en werk daaraan om dit vir jou te verbeter so gou as moontlik. Dit is n toets van detail met n seen van detail.

Hartvrede en hartsrus kan ek nie beskryf nie.

Sulke vrede kan nie kom by eiendoms verknogtheid nie. Ons wonings is in die hemel. Punt.

As wie ookal wil vat, laat hulle vat. My geloof en vrede in die hart kan nie geneem word nie.