Opstanding


Koot van Wyk (Chongni, Suid-Korea, 12 August 2017)


Die haan kraai drie maal maar nie vir Petrus nie

Drie maal vir die Engel wat gaan kom

Dan bewe alles en die soldate spring orent

n Blink gedaante onbeskryflik beweeg die swaar klip alleen

Sowat van krag het die Romeinse Ryk nooit beleef!

En Christus Jesus die Messias en Koning van Genade

Staan gereed om uit te stap -

Sagkens beweeg hulle na omhoog en verdwyn in die wolke.

Die linne is opgevou

Die graf is leeg

 

Die soldate kyk na die voetpad weg van die klip

Agter hulle het die klip gerol

Groot was die geraas sonder mense hande

Toe die vroue by ligdag by die voetpad oploop

 

Agter die soldate is die klip weggerol

Die vroue wys met een hand en die ander op die mond

Die Engel sit op die klip en wag

“Hy is nie hier nie. Die graf is leeg.”

ʼn Leë graf

 

Die vroue loop in maar sien net die linne

Die vroue hardloop na die dissipels

Die soldate na die kantoor

 

Daar was geen kriminele oortreding nie

Tog is Hy weg

Dié moet, kan hulle nie verstaan nie.

 

Die Gees gee begrip as ek “verlossing” sug,

Raak U skouer en U lig U deurboorde hand

Om die Vader se goedige knik te sien.

 

Seun van God, seun van God. Opstanding, opstanding.