Preek: En Jesus het geween


by koot van wyk (DLitt et Phil; ThD)

Kyungpook Nasionale Universiteit

Sangju Kampus

Suid Korea

Mede aangehegde lektor vir Avondale Kollege

Australie

9 Mei 2010



In die opgaan van die kansel n gebed


Stil, stil met U,

wyl die purper more breek,

terwyl die voel swyg,

en die skadus vlug.

Helderder dan die helderste more,

is die soete gedagte -

ek is met U.


Ek wil u neem na die korste vers in die ganse Bybel. Dit is kort maar gelaai met drama. Wanneer u u Bybel halveer in die middel, is u in Psalms. Wanneer u die tweede helfte halveer, is u in Johannes. Gaan na Johannes 11 en vers 35 "En Jesus het geween". Dramaties. Dat die Seun van God trane kan stort. Dat die Skepper van Hemel en Aarde kan ween. n Huilende God. Dit is dramaties menslik of menslike drama want ons is almal omhels met pyn, leed, siekte, dood, trane. Waarom huil die Seun van God hier? Jesus is hier by n begrafnis. Om die waarheid te se dit is een van die beroemdste begrafnisse in die Evangelies. Dit was n baie goeie vriend van Jesus. Maar ons moet meer lees en te wete kom om te verstaan waarom Hy wat alles in Sy hand hou, ween.

Die begrafnis van Lazarus is een van die dramatiese gebeurtenisse in die evangelies. Lazarus was n baie goeie vriend van Jesus and so ook sy twee susters, Maria en Martha. Hulle drie het gewoon in Betanie sowat vier kilometer net buite Jerusalem. Ons lees dit in vers 1 van hoofstuk 11. Hulle laat Jesus in n ander dorp weet dat sy vriend siek is. Dit lees ons in vers 3. Jesus was baie lief vir al drie van hulle. Ons lees dit in vers 5. Jesus doen toe iets wat baie verrassend is. Instede om te haas na die sieke se bed, vertraag Hy. Hy bly toe in daardie dorp twee dae langer. So se vers 6. Lazarus moes gesterf het kort nadat die nuus van Sy siekte Hom bereik het. Jesus het geweet Lasarus is siek, Hy het geweet dat Hy gesterf het maar Hy vertoef twee dae langer. "Kom ons vat dit gemaklik" se Hy vir Sy dissipels. "Geen rede om te haas nie".

Na twee dae van Lazarus se dood, met die begrafnis alreeds in volle swang, se Hy vir Sy dissipels dat Lazarus Sy vriend slaap en Hy moet gaan om hom wakker te maak. Dit is in vers 11.

Die dissipels dink toe soos ons almal baie goed weet: dat slaap is n genesing vir die liggaam. Dit se hulle in vers 12.

Toe hulle aan letterlike slaap dink se Jesus vir hulle reguit dat Lazarus eintlik dood is. Vir Jesus is dood n slaap. Vir die Skepper van Hemel en Aarde is dood n slaap. Al is daar net stof dan is die DNA van die persoon in Sy gedagte en Hy kloon met die opstandingmore weer die persoon maar die keer volmaak. Daarom is dood n slaap vir die Heerser van die Heelal.

Toe Jesus in Betanie kom vind Hy uit dat Lazarus al vier dae in die graf is. So se vers 17.

Martha hoor toe dat Jesus kom en sy haas om Hom te ontmoet. Toe sy by Hom kom, sit sy haar hande in haar sy en se: "Ja, as jy hier was sou hy nie gesterf het nie." Dit is in vers 21.

Sy sien Jesus as n dokter wat betyds moes gewees het maar sy bely toe gou ook dat sy weet dat daar n goeie verhouding is tussen God en Jesus want alles wat Jesus van God vra, kry Hy. So in vers 22.

Jesus se vir haar dat haar broer sal lewe.

Martha se toe wat elke Sewende Dag Adventis se bybelse leerstelling oor die toestand van die opstanding en dode is. Sy se toe dat sy weet dat hy opgewek sal word in die opstandings more aan die einde van dae. Martha ken haar Bybel en weet van Daniel 12:1-2 soos enige goeie Adventis sal weet. Dit is Bybels en dit is korrek.

Jesus se toe vir haar dat enige lewende persoon wat in Hom glo sal lewe al het hy gesterwe. Ook as hy dan lewe in Christus sal hy nooit sterf nie. Dit is verse 25 en 26. Sterf mense wat in Christus glo? Ja, dit is wat Jesus se. Sal hulle lewe as hulle in Hom glo? Ja, dit is wat gese word. Al sterf hulle ook, sal hulle lewe. As iemand wat glo in Christus sterwe sal hy opgewek word in die opstandingsmore en lewend in Christus sal hy nooit weer sterwe nie. Dit is Bybels en dit is ook die bybelse standpunt van n Sewende Dag Adventis. Daar is geen siel wat hemel toe vlieg en daar wag om opstandingmore weer terug te spring na die aarde binne in die skelet en liggaam nie. God stoor ons DNA in Sy brein en dit is ons sekuriteit.

Martha loop toe en gaan se vir Maria, "die onderwyser is hier". Maria loop toe na Jesus toe want Hy wag daar waar Martha met Hom gepraat het. Sy plaas ook haar hande in haar sye en se vir Hom: Ja, as jy hier was sou hy nie gesterf het nie. Sy het ook die dokters mentaliteit. As die dokter nie so sleg was nie sou die persoon nie gesterf het nie. Dokters is baie nalatig deesdae. Dit is Maria se gedagtes. Dit is in vers 32. Sy begin toe huil. Ons is nou naby aan die kortste vers in die Bybel. Toe Jesus vra dat Hy na die tombe geneem moet word, het droefheid Hom oorval. En Jesus het geween.

Jesus het nie geween omdat Hy jammer is vir Maria nie. Jesus het al die mense gesien wat deur al die eeue gesterf het as gevolg van Satan en sy dade. Die tragedie wat Satan oor die wereld gebring het en die pyn is iets wat God en die ganse hemel ervaar het vir meer as 4000 jaar reeds. Hy sien graftes in die verlede, en in die toekoms, ons tyd ook. 2010. En Jesus ween. Hy ween want daar is niks verkeerd om te ween by n begrafnis nie.

Die res van die geskiedenis ken ons. Jesus vra hulle om die steen weg te rol en roep toe na Lazarus en hy kom uit met reuk en al.

Die resultaat van die opstanding van Lazarus is belangrik. As gevolg van die daad het baie geglo, se vers 45. Maar vers 46 se dat daar baie ongelowiges was. Hulle het gedink dat Jesus net n towenaar is wat deur n gekul en n gefnuik sy trieks  [Engels] reg doen om mense te trap [Engels]. Hy smokkel met mense se koppe en dit het die priesters maagpyn gegee. So se vers 46 en 47.

In ons dag is daar ook liggelowiges. Daar is ook mense wat net vermaak wil word deur trieks en Jesus het vier dae gewag omdat Hy wou gehad het Lazarus moes goed dood wees voordat Hy hom opwek. Dan kon niemand se dat dit net n David Copperfield truuk was nie. Dat dit net oeverblindery was nie.

In ons dag het ons ook die wat glo en die wat nie glo nie. In ons dag moet ons ook die belydenis maak wat Martha en Maria gemaak het dat hulle glo.


By die afstap van die kansel n gebed

Ook my Here, plaas my DNA in U geheue. Ook my, rig my op wanneer U in U koninkryk kom op die laaste dag van hierdie aarde se geskiedenis.