Psalm 95: n Preek oor die belang van n tweede Sabbat, n innerlike

 

Koot van wyk (DLitt et Phil; ThD)

Kyungbook Nasionale Universiteit

Sangju Kampus

Suid Korea

Mede-aangehegde lector vir Avondale Kollege

Australie

16 April 2010

 

 

Ek gaan more preek oor Psalm 95.

Ek begin by die end. Ons lees Psalm 95:11 eerste.

Waarlik, hulle sal in My rus nie ingaan nie.

Die rus is die Sabbat, of is dit?

Hebreers 4:3 en 5  hou die antwoord:

Christus in die tombe op Sabbat sterf die ewige rus plaasvervangend vir ons en as ons daardie gawe aanvaar, rus ons ook soos Hy gerus het. Ons moet saam met Christus die rus ingaan en as ons gedoop word, dan begrawe ons ons ou self en neem die nuwe mens aan as gawe van die Heilige Gees.

Wie is hulle?

Kanaaniete, heidene, ongelowiges?

Verassende antwoord is in  Psalm 95:9

Toe jou vaders My getoets het.

Hulle was dus Sabbat houers, maar hulle sal nie in Sy Sabbat ingaan nie. Waarom nie? Die Sabbat is ook die dag van die Here en behorende aan Hom en Hy het hulle by Sinai herinner, net soos van ouds om die dag steeds te vier want Hy het daarop gerus as Skepper. Maar hulle sou nie ingaan in Sy rus nie, n ander rus dus. Dit is die ewige rus waarvan ons gemeld het.  

Hoe het hulle getoets?

Psalm 95:3

Hulle harte verhard in die wildernis.

Wat is dit om jou hart te verhard?

Psalm 95:5 gee die antwoord deels:

Hulle toets My alhoewel hulle My werke gesien het.

Die God’s Openbaring het geen uitwerking op hulle gehad nie. Wanneer ons die Openbaring van God beleef, of dit n preek, of n boek, n pamflet, of lied, of gedig, of gedagte is, die Openbaring in sy Woord en meer nog die Christus pad voor oe kry, en ons toets God deur ons hart te verhard, dan het ons n problem.

Wat was verkeerd met hulle harte in die wildernis vir 40 jaar te midde van die God’s Openbaring?

Psalm 95:10 gee die antwoord:

Hulle was n volk wat in hulle harte verkeerd gedoen het.

Hulle was verkeerd in hulle gedagtes, in hul begeertes, hulle drome, hulle toekoms planne, hulle lewens.

Psalm 95:10 se dat hulle die wee van God nie geken het nie. Totale Openbaring van God visueel in hulle aanskoue, maar hulle ken nie die wee van God nie.

Hoe naby kan mens aan God wees en Hom nie ken nie?

Dit was die probleem van die twaalf dissipels van Christus. Hulle het almal weggehardloop die Donderdagaand en Vrydag toe Hy gevang en gekruisig is. “Soos blare van n boom waai” het Elizabeth Eybers in haar gedig van hulle gese.

Sies, se ons, hoe kon hulle dit doen. Pasop, ons kan dit ook doen. Israel het dit in die wildernis gedoen, die dissipels van Christus met Hom, waar staan ons?

Die waarskuwing kom vandag:

Psalm 95:7 laaste wat se: Vandag as jy Sy stem hoor.

Hoekom vandag? Omdat God elke dag deur Sy Bybel en die Heilige Gees se influistering in ons gedagtes met ons pleit om onsself te kruisig en Sy juk op te neem en Hom te volg.

Verharding van hart is n uitstel, n afstel, n wag tot later gedagte, n opsyskuif.

Daarom se Psalm 95:1 Kom laat ons sing in vreugde tot die Heer, en uitskree vir die Rots van ons verlossing.

Ons word ook gevra om te aanbid in Psalm 95:6. Ons moet kniel en neerbuig voor Hom.

Ook moet ook in Sy teenwoordigheid kom se Psalm 95:2.

Waarom sou ons dan na God kom?

Psalm 95:7 gee die antwoord: Want Hy is ons God en ons is die skape van Sy weiveld. Ons is die skape van Sy hand. Ons is n skapie in die Hand van Christus. Hy is ons Herder, ons sal geen onheil vrees nie. Net goedheid en guns sal ons volg, al die dae wat ons lewe vandat ons Hom aangeneem het.

Waarom is Hy ons God?

Psalm 95:3 Die Heer is n grote God in die eerste plek, n Koning van  die Eeue in die tweede plek, en n Skepper van die berge, see, en aarde sodat hoogte of diepte of wydte geen effek op Hom het nie. Ons kan nie wegraak voor Hom nie. Niemand kan weghardloop van God nie. Met so n God, wie wil weghardloop? Met so n God, wil ons niks verloor nie.

 

Genadige God

Ek wil ook U rus ingaan, vandag.

Ek wil ook u plaasvervangende Sabbat daardie Paasnaweek se Sabbat vir my aanvaar. Ek wil ook gedoop word met die doop waarmee U gedoop is en wanneer ek onder die water ingaan, vir almal toon dat my self begrawe word en n nuwe mens opstaan. n Mens wat voortaan vir u gaan leef. Te midde van Satan se swaarkry en pyn, vir U wil ek leef. Want U is my God, my Heer, my Koning en my Skepper. In Jesus soete Naam

Amen