Drie Eenheid in die Bybel en misverstand soms

(Trinity in the Bible and some misunderstandings)

 

Sookyoung het twee tekste gestuur vir jou wat ons hoosaaklik beskou.

Die een is dat sonde teen die Gees kan nie vergewe word nie. Sonde teen die Vader en Seun kan vergewe word. 

Logies gesien is daar dus drie met twee aan een kant en een aan die ander. 

Die Gees in die teks is nie identies met Christus of die Vader nie, want dan sou sonde vergewe kon word. 

Sien jy die logika?

 

Die ander teks is een in die Nuwe en een in die Ou testament wat se dat die Heilige Gees is God. 

Anannias en Petrus in Handeling 5

1 Samuel 25

Mense se dat die Heilige Gees is net n krag of energie. Maar soos jy kan sien is dit ook n persoon. EGW het drie aanhalings waar sy se die Heilige Gees is n persoon. 

Die Bybel ook. 

Hy kan bedroef word, Hy kan geliefd word, Hy praat, Hy leer, Hy onderwys, Hy lei ens. 

 

Assosiasie is natuurlik identiek. As jy Christus aanneem, neem jy ook die HG en die Vader aan. Die een is die ander. 

Maar tog nie. Wat net Christus het gesterf. Net die Vader ken die Wederkoms datum. Net die Heilige Gees se sonde kan nie vergewe word nie. 

 

Dit is hoekom ons die Drie-eenheid as noodsaaklik beskou.

Natuurlik is daar probleme met verduidelikings. Maar die Bybel is al wat ons het en die misterie aspek is waar ons skoene uittrek op ons kniee val en se, ek verstaan nie maar ek glo. 

 

Dit is nie die Katolieke wat ons dit gegee het nie. 

Dit is nie Froom wat dit in Evangelism 1946 ingedruk het nie. 

Froom het eers in Januarie 1955 die Christus natuur siening goedgepraat in n artikel. 

Dit was die Dekaan van Andrews Universiteit prof. Rebok wat in 1949 die Bible Readings for the Home wou herskryf met veranderinge oor Christus se menslike natuur. In plaas van Christus neem die natuur van sondige Adam verander hy dit toe dat Christus neem die natuur van sondelose Adam voor die val. Die boek was eers in 1958 gepubliseer. Hoofpunt. Froom het nie die Drie-eenheid ingedra nie. 

Wat ek nou vir jou skryf is n opsomming van my gesprekke met David van Rensburg sedert ons weg is in Feb 2019. 

 

Boek: Andrews Universiteit gaan n boek uitbring oor die Drie-Eenheid tussen 1844-1915. Mense sal die oorsronklike dokumente self kan lees. Dit sal in die appendix wees agterin. Die skrywer is D. Kaiser. 

 

Konferensie oor die Drie eenheid.

Youtube het hierdie jaar gepraat oor die Drieeenheid by Southwestern Adventist University. Baie goeie tekste word gehanteer. 

 

Verkeerde videos

Baie videos wat n twee-eenheid voorstel [Christus en Vader] het baie foute rakende ons kerkgeskiedenis. Hulle gryp feite uit verband uit. 

Ek vind ook dat hulle nie korrek is met datums nie. Hulle is nie korrek met die metode hoe Ellen White haar boeke geproduseer het nie. 

Die Amerikaanse groepe is saamgestel deur eks-adventiste plus Armstrong se Kerk van God groepe. Hulle het "ministries" maar jy sal sien dat hulle altyd geld vra. Die evangelie is gratis en my kommentare is gratis aanlyn. Ek kry nie n sent daarvoor nie. 

 

Het ons kerk probleme en is alles 100%. Ons sal dwaas wees, oor ander sake natuurlik, nie die Drie eenheid nie, as ons die dinge miskyk. 

1. Vroue verordinering is afgewys in die 3rde Wereld konferensie besluit. Maar die NAD Noord Amerikaanse Divisie wil rebels wees teen die besluit. 

2. LGBTQH sake word met handskoene gehanteer in Amerika (RSA?) omdat die wereld Jurisprudensie of Wetsieninge in die lyn is veral sedert 2007. 

3. Mense leef nie altyd die Bybel beginsels nie. Hulle speel met God. 

 

Misleidendes

Lidmate word deur die slimfone om die bos gelei deur eks Adventiste, en ander gelowe wat ons data gebruik, dit verdraai, en uitknippend hier en uitknippend daar n collage teologie saamflans en dit as waarheid opdis. Eenvoudige lidmate kan nie onderskei tussen dwaalleer en waarheid nie, en dus skep hulle hul eie valskerm beweging om uit die vliegtuig te spring gedurende die vlug en ander ook te vra om dit te doen. Hulle gebruik woorde soos: die vlugkaptein is n 'wolf in skaapsklere'. 

 

Die Bybel se tekste oor God moet geharmoniseer word. 

Neem mens net twee tekste dan klink dit of daar baie gode was oorspronklik maar dit is verkeerd. 

Neem mense twee of drie tekse of meer dan klink dit of daar net die Vader en Seun is. Maar lees verder in Paulus se hoofstuk, die Gees word ook genoem later voor hy die hoofstuk afsluit. 

Die drie tekste wat ek bo genoem het, is kardinaal om aan te dui watter belang die Heilige Gees het as n Derde Hoof in die Hemel. "Heavenly Trio" Evangelism 1946 ek vergeet die bladsy nommer?

 

Soos Jehowa Getuies.

In Hoerskool het ek gereeld met Jehowas gestry etenstyd want hulle het altyd by my kom eet. Later jare het Hannes Papenfus, een van hulle n Adventis geword in Vryheid en is dood kort daarna. Ek dink sy ma was toe al n Adventis. 

Hulle redeneer soos n passer om n punt. Rond en rond en rond en rond. Hulle dink nie A to Z nie met een ding op n slag. 

Hulle luister ook nie wat mens se nie. 

Hulle spring rond met hulle argumente. 

Mens moet een goeie teks vir teks neem. Op n keer. 

En as mens vasbrand met die teks. Bly daar tot dit duidelik is. 

Maak plek vir onvolmaakte verstaan. Ander tekste sal byvoeg wat die een teks net die halwe feite gee. 

 

Ek hoop dit help. Dit is die dinge wat ek met Dave in Newcastle oor gepraat het. 

 

Groetnis