Miga 2 en grondvergryping:  Oorsig

 

deur koot van wyk (DLitt et Phil, ThD)

Kyungpook Nasional Universiteit

Sangju Kampus

Suid Korea

Medeaangehegde navorser vir Avondale Kollege

Australia

2 Maart 2012

             Die profete van die Ou Testament was nie net slim nuusontleders wat met vernuf praatjies so gedraai het dat dit lyk asof hulle vooraf geweet het wat in hulle eie dag gaan gebeur nie. God is nie so afwesig dat Hy ge-etiketeer kan word met dade waarby Hy in realiteit gladnie betrokke was nie. In ʼn neutedop, die profetiese skrif is nie maar net ʼn menslike uiting, wens of daarbestelling nie. Dit is God wat ingryp om voorwaar seker te maak Sy kindergenote verstaan Hom in hierdie gesteelde deur Satan wereld.

            Voor mens my die profete kom, moet mens die Bybelse motief of tema van die Groot Stryd in die hemel voor die skepping reg verstaan. Dan moet mens ook die eerste drie hoofstukke van Genesis nie afskryf as Babiloniese of Akkadiese naklanking nie soos Hugo Radau gedoen het nie, maar in wesenlikheid die werklike val van die mens deur die eenvoudige toets van ʼn boom wat nie moes geëet word nie.

             En tog, te midde van ʼn skouspel uit die hemel deur ongevalle skeppeling, vergryp die eerste egpaar hulle aan die Gods verbod, alhoewel God gehoop het hulle sou oorwin, en die ganse mensdom is saam met Satan opgesluit in die hool van dood, pyn, lyding, siektes, natuurrampe en ander negatiewe elemente.

            Dit is met dié inligting in die sak dat mens na die profeet Miga kom en ʼn gewillige oor nadenkend plaas by hoofstuk 2. Wetende dat God nie deurmekaar is nie en dat Miga nie hiper-opgewonde is en buitensporige verklarings oor God se betrokkenheid maak nie, lees mens die hoofstuk geduldig.

            God word nie gelees nie. Hy lees ons. Dus is die regte manier nie om ʼn koppie warm drankie te kry, die bril op te sit en met voete hoog op ʼn sagte opgestopte stoel te sit en dink ons lees God nie. Die gedagtes moet gedurig op mens se knieë wees. Wie is jy, o mens, dat jy jou arrogant kan uitbult teen God? Jy, skepding en skepsel vir die Maker kan vertel of Hy is of nie? As evolusie dan ʼn werklikheid is, waarom was daar geen ontwikkeling op die Maan en Mars nie? Drie planete met een vol van ʼn mikro-heelal in die makro-heelal maar twee naasbestaande planete sonder ʼn greintjie teken van lewe in geskiedenis of in die hede. Godloosheid of Godlosheid verdwyn daarmee in die mis. Daar is ʼn God voorwaar.

               Miga 2 begin met ʼn weeklaag. Eerstens dink mens dat Miga in die agtste eeu, as tydgenoot van Jesaja, iets gehad het om te weeklaag. Volgens Miga 1:1 tree die profeet op in die dae van Jotam, Agas en Hiskia. Die Juliaanse datum is nie altyd ʼn absolute gegewe waarby alles staan of val nie. Die berekening sisteme in daardie dae, een vir Israel en ʼn ander vir Juda, kon gemaak het dat die Juliaanse berekening een jaar tevore of een jaar daarna is. Agas het kroonprins geword in sy 13 de jaar in 727 vC. Volgens 2 Konings 15:30 het Jotam vier jaar meer gelewe so dat dit die 20ste jaar van Jotam was wat ook die 20ste jaar van Peka was, naamlik in 725 vC. Hiskia se berekening het alreeds begin nadat Agas koning geword het. Hy was moontlik kroonprins gedurende daardie jare en sy vader Agas het nog geleef. Op die ouderdom van 25 word Hiskia koning. Toe Jotam sterf was Hiskia ʼn skamele 11 jaar oud. Dit was die 3de jaar van Hosea se telling maar die 8ste van Agas se telling. In 716 vC is Hiskia as koning aangestel op die ouderdom van 25. Hy het 29 jaar geregeer tot sy dood in 687 vC. Dit is gedurende die tyd dat Miga geskryf gepreek het.

                In vers 1 sê Miga dat die wat korrupsie uitdink en in hul beddens snags kwade beplan en mag in hul hande het, behoort sterk afgekeur te word. Hul probleem lê daarin dat hulle (sien vers 2) ʼn naspeuring of najaging van ander se eiendom het. Grondvergryping. Hulle begeer om ander se grond van hul weg te vat met geweld. Hulle beroof en die huise neem hulle. Hulle verdruk die eienaar en sy huis, en die eienaar en sy erfgoed.

              God se reaksie teen grondvergrypers is in vers 3, naamlik dat God sê dat Hy slegte oorweeg oor hierdie familie, naamlik die wat grond steel. Hulle sal nie van hier hul nekke wegneem nie en nie sal hulle regop loop nie want dit is ʼn tyd van kwaad. God praat van die eskaton of eindtyd hier en nie van Miga se dag nie. ʼn Tyd is bepaal, en Bybelse waarheid noem dit die hel, wanneer, volgens Openbaring aan Johannes, aan die einde van ʼn duisend jaar, vuur alle kwaad sal uitwis vir ewig. Dit is moontlik die tyd van kwaad wat beplan is vooruit en gelos is vir laaste, waarvan God hier praat.

                Die gebeure van die grondvergryping blyk nie in Miga se dag te wees nie want in vers 4 vertel Miga dat in “daardie dag”, dus toekomend, sal hulle, die grondvergrypers ʼn spreuk teen die slagoffers onder mekaar laat versprei, “ʼn Weeklaag het plaasgevind”. Die slagoffers sal uitroep: “Hulle het ons beroof!” Die grondvergrypers het dit wat aan die gelowiges behoort verander. Hulle het dit verdeel onder mekaar en nuwe eindomsakte uitgemaak. Nou vra die slagoffers van grondvergryping: “Hoe sal Hy aan my teruggee, ons grond?”

              Die raad van God en Miga in die benoude tyd, is dat in die tyd in die vergadering van God se gelowiges sal daar niemand wees om grond te verdeel of te bepaal met die gooi van lyne nie, soos hulle dit destyds gedoen het nie (vers 5).

              Gedurende die tyd van onreg, gedurende die grondvergrypings fenomeen, sal daar nie gepreek word nie (vers 6). Dit help nie om te preek tot die grondvergrypers nie. Hulle sal nie skaamte hê nie. Hulle is gewetenloos of gewetenlos. Hulle het grootlikse sielkundige wanaanpassings.  

              God vra dan aan die gelowiges die volgende: Is dit wat hulle sê in die huis van Jakob? Dit is nie noodwendig Israel of Juda hier nie. Onthou dat die Tyd van Benoudheid van Daniel 12:1 kortliks voor die opstanding plaasvind. Die hele wêreld is dan betrokke. Dit word op ander plekke in die Bybel beskryf as die tyd van Jakob se benoudheid. As die grondvergrypinge die wil van God is, sê God, sal My woorde nie tot voordeel wees as iemand reguit in sy wandel en voetstappe is nie? (vers 7). As jy reguit met God loop, sal God jou bevoordeel al word jy benadeel deur mense.

                 Die reaksie van God is nie ten gunste van die grondvergrypers nie maar teen hulle. In vers 8 se God dat die landvergryping het plaasgevind selfs deur gelowiges in die kudde van God. Hulle is nou sy vyande (oyeb) want hulle het kledingstukke gevra as sekuriteit vir die grond en toe die mantel ook gesteel sodat mense weerloos en haweloos moes migreer. Rabbi Josef Kimchi in die Middeleeue verduidelik dat die rykes het ʼn eed gemaak vir die belasting van die arme se huis. Eers het hulle die kledingstuk geneem as sekuriteit vir die terugbetaling en dan verklaar dat dit onvoldoende is en dus die jasse van die armes geneem. Hulle gee huislenings aan die arme huis of grond eienaars en aanvaar sekuriteit vir die lening. Dan later is hulle nie tevrede met die sekuriteit nie en kom dan en neem die land of huis van die eienaar. Dus ʼn grondvergryping. In vers 9 beskryf Miga dat hulle die vrouens van die gelowiges wegdryf van haar huis van vreugde, van haar kinders en hierdie daad van grondvergryping, sê God, “Het jy My glorie tot in ewigheid vergryp” (tiqehu hadari leolam, vers 9).

                 Waarom is God so fyngevoelig teen grondvergrypings aksies? Want toe God die aarde geskape het, het Satan gedink hy het dit verower toe Adam en Eva hul eienaarskap oorgedra het met die eet van die vrug. Die uitraveling van die aarde en die degenerasie en uitwering het die mooi natuur van God drasties verander. Satan het van God gesteel en enige een wat steel skaar hom by Satan en is ʼn vyand van God.

                Die volk van God word gevra om op te staan en te gaan. “Kom uit haar uit my volk” motief van die Bybel, “sodat jy nie haar plae deel nie” sê die Openbaarder aan Johannes. “Staan op en gaan” sê Miga want die is nie rus nie. In ʼn Akkadiese woordeboek uit die dae van Ashurbanipal (668-648 vC), 80 jaar na Miga, lees dit dat Sabbat beteken rus van die hart. Dieselfde woord rus (noag), word in dié woordeboek gebruik as hier in Miga vers 10. Dit is geen rus as daar landvergrypinge is nie. Ten einde te besoedel vorm die landvergrypers dwaasheid (hebel) en die dwaasheid word verduidelik of gerasionaliseer (nimraz) (vers 10).

                As iemand wat in valsheid loop en lieg en sê: “Ek wil vir jou van wyn en sterk drank preek” naamlik dat so ʼn leegleêr met losse waardes moet die prediker wees, dan sal dit blykbaar ʼn teken wees vir God om op te tree.

                Die optrede van God wat aangeskakel sal word deur handelinge van grondvergryping (vorige verse) en dwase rasionalisasie daarvan (vers 10) sal gevolg word deur ʼn aanstelling van lekker predikers.

                In vers 12 tree God op en versamel Jakob. Al die gelowiges. “Ek sal die oorblyfsel van Israel versamel”. Altesame sal hulle wees soos skape in ʼn skaapkamp, soos ʼn trop in ʼn stal sal die geraas wees van die mensdom. Hierdie uitdrukking klink soos ʼn gebeurtenis in die verre toekoms wanneer die Messias sal kom om almal wat gelowig is gedurende die tyd van benoudheid te versamel.

                In vers 13 word vertel dat ʼn breker sal kom as leier voor die trop skape of gelowiges wat geraas maak te midde van grondvergrypinge wat plaasvind en hulle sal ʼn hek breek en deurgaan deur dit. Vooraan die trop gelowiges sal die Herder en koning wees, want die Here sal aan die voortou wees. Op die stadium is die Wederkoms in sig hier en die Messias het die tweede keer gekom om Sy volk uit benoudheid te red (Daniel 12:1). Die breker wat kom word onderskei van die Here in die voortou. Die breker, sê die Joodse kommentators, Mezudath David en Redak, is die Elia boodskap (Maleagi 3:25). “Dit is Elia die profeet wat sal kom voor die verlossing om die harte van die kinders van Israel te rig tot die Vader in die hemel”. Die midrashim of ander Joodse verklaarders het ook gedink dat hier van die eskatologiese verlossing gepraat word aan die einde van tyd. So ook Rabbi Abarbanel en Targoem Jonatan vir die profete. Wanneer ons rabbis aanhaal is dit omdat hulle toevallig korrek is. Daar is nie ʼn outomatiese ontlening uit rabbynse werke in Sewendedag Adventisme nie. Dit moet strook met die Bybelse waarhede.

                 Dus, as die rabbyne en ons uitleg van die Elia boodskap in verse 13 korrekk is, dan moet ons teruggaan al met die hele struktuur van die hoofstuk op om grondvergryping te sien as ʼn gebeurtenis wat sal plaasvind kort voor die Elia boodskap aanvang sal neem. Ons praat van die vierde Elia wat die ware Elia is getipeer in Johannes wat  Christus voorafgegaan het, en in 1844 met die Elia boodskap om die Advent aan te kondig en nou na 178 jaar is dit tyd vir ʼn vierde Elia want voor die vierde Elia is die slaap-teologie van die tien maagde wat die koms verwag. Dus, in ons dag en uur lyk dit of ekonomiese insinking gaan veroorsaak dat die arme sal sê: “Ek is ryk”. Hulle sal hul mag misbruik om van die “hets” te gryp. Die Eerstewêreld bestel skyn vervang te word in ʼn kettingreaksie van Tweedewêreld of Derdewêreld grondvergrypings’ aksies. Dit kort voor die Laat Reën (tweede Heilige Gees evangelie verspredings aksie) uitgestort word. Om die waarheid te sê: die Laat Reën (Joël 2:23) skakel die Elia boodskap aan (Maleagi 3:25) wat die skape regkry vir die verlossing gedurende die tyd van benoudheid (Miga 2:13), wat skynbaar grondvergrypings insluit (res van Miga tot op vers 13)?