God in Beheer


by koot van wyk (DLitt et Phil; ThD)

Kyungpook National University

Sangju Campus

South Korea

conjoint lecturer of Avondale College

Australia


God is in beheer van die wereld. Wanneer iets val in die wereld dan val dit in die hand van God. Sy hand hou die wereld vas en ek het nie nodig om enige iemand of enige ding te vrees nie. Wat kan n mens aan my doen? Alles gebeur ten goede vir die wat die Here vrees omdat alles gebeur in die holte van God se hand. Of ek opklim in die wolke of tussen die sterre of tussen die konstelasies ek is nog in die holte van Sy hand. Wanneer Jesus kom gaan Hy Homself verklein om ons te kan kom haal. Hy gaan in n tennisbal inbeweeg om virusse te kom haal en om ons te ontmoet gaan Hy so klein soos n virus word. Dit is die Eschaton. Dit is die Messias wie ons verwag. Waarom dan nie se dat vir my is die lewe Christus en die sterwe wins nie? In hierdie holte van die tennisbal vlieg die duiwel en sy trawante rond. Wie dus sterwe gaan slaap en satan het oor hulle geen beheer meer nie. Time up! Individueel vir elkeen wat sterf. Maar ons wat nog in die lewe is moet die satan en sy trawante teenstaan daagliks. Satan gebruik mense soos myself en soos my beste vriende om te bedrieg, lieg, jok, en sommer net te verlaag. As ons die konstelasies kan bereik en die engele laat ons toe om daardeur te beweeg is ons deur die poorte van die hemel in die hemel. Die lig wat daar nou skyn by die konstelasies is gate, skeure en tonnels waardeur die glans van die hemel weerkaats. Grote God maar Hy ken elke haar op elke virus in die tennisbal se stofdeeltjie wat aarde genoem word! Christus het n virus geword om virusse te red. Hy was bereid om in die kombuis se wasbakpyp af te gaan vir dertig jaar om ons te red. Groot is die mens? Nee klein maar baie waardevol vir God. Baie sal se, raak onslae van die stofdeeltjie met virusse. Wie sal nou weet? Vernietig die tennisbal daar is mos die hele hemel. Maar God se nee. Daar mag nie n slegte plek aan die appel wees nie want n slegte plek aan een appel maak al die appels sleg. So God komprimeer nie eers op n stofdeeltjie met virusse op nie!