Poem in the IMF time South Korea

 

(6de Oktober 1997)

Yangdung-po, Seoul

 

Waar is U?

 

Here

        Waarom skelt U Adam

dat hy van U wegkruip

Maar

ek kan U nie vind nie?

In my nood

soek ek U

ek behoeft geld en liefde

in my swakheid

Waar is U?

Want

ek soek U

en skel gelyk --

“Daar sal weer ‘n lag op jou lippe kom

en jy sal weer in jou oorvloed geluk.

Wag op My!”

 

                                 Koot van Wyk

Gedig geskryf gedurende die verskriklike jaar van die IMF era in 1997 in Suid-Korea. Ek verdien 1500 USD soos in die verlede maar hierdie jaar met die krisis was dit R17 (ZAR) tot die USD. Dus, as ek 700 000 KRW na my pa gestuur het omdat my ma beroerte gehad het en hy afgetree was, dan het ek niks oorgehad nie. Ek het dus in my kar geslaap onder die brug by Yangdung-po. In die môre het ek gaan was by die vulstasie naby Daebang Kerk, en geskeer in die vulstasie se waskamer. Om ekstra geld te kry het ek vir die werk gevra dat hulle my liewers die woonstel geld gee as ‘n woonstel.Dit het so swaar gegaan dat ek moes ekstra werk deeltyds aanneem. Ek het dus by ‘n Kindertuin instituut en skool gaan werk in Kwanghameun naby aan Yangdung-po in Seoul in my vrye tyd gedurende die dag. Die werk het my gebruik in die oggende vroeg en in die aande en deur die dag het die instituut my gebruik. Dit het die knoop deurgehak. Eindelik het ek besef dat ek sal moes kies. Ek kies toe die Kindertuin Instituut/skool. Ek het ‘n huis gekry en kon oortyd werk en het dus meer geld daar begin verdien. By die vorige werk was die hoof van immigrasie in Mapo my student. Kim iemand in daardie jaar van 1997. Toe ek by die skooltjie begin werk in 1998 gebeur dit…. Ek het nie behoorlik nagedink wat om te doen met die werk-visa nie. Later die jaar in Junie sien ek my Visa gaan aanstons verval in ‘n maand of drie. Toe ek by die immigrasie gaan vra wat moet ek doen toe stuur hulle my na mnr. Kim, die hoof wat my student was die vorige jaar. Bly om sy onderwyser te sien, lig hy my in dat my visa alreeds agt maande onwettig is en dat hy eintlik my moet arresteer en uitpos uit die land. Maar, sê hy toe, omdat jy my onderwyser was, vra ek jou een ding: verlaat die land ‘n dag voor die sper-datum op die visa, en ek arresteer jou nooit. Ek is toe na Japan. En my veranderings’ dag beloof deur die Here in die gedig, het aangebreek. Ek het ‘n kar gekry en ‘n woonstel en die ure was goed. Daar het rus in my siel gekom en ek kon kommentare begin skryf op die Bybel met Hosea as die eerste. As iemand wil vra waar ek die tyd kry om die Akademiese kommentaar op Hosea te skryf wat gratis beskikbaar is by academia.edu, dit is die rede hier. Is ek ryk? Nee, wie dink aan ryk as jy betekenis in jou siel gekry het? My grootste betekenis was die dag toe ek besluit het om my vroutjie te trou, SookYoung Kim. Ek dank die Here vir die engel wat Hy in my lewe gestuur het.