ʼn Beknopte Oorsig van Liberalisme in Adventisme
Koot van Wyk (31 Maart 2016)
Toe Raymond Cottrell
dood is in 2003 en die nuus tot my kom, het ek net ʼn stuk van sy werk
gelees en tot die slotsom gekom dat hy nie ʼn groot man in Adventisme was
nie, maar ʼn groot “Baal profeet”. Ek het die resultate vir Smuts van Rooyen
gestuur en dié het my met vuur en gebyt geantwoord, maar ek was oortuig ná
analise van Cottrell se een werk.
Cottrell het tussen 1940 tot 1969 alles in sy vermoë gedoen om die
Adventiste liberaal te maak. Hy stig toe saam met sy maats Bible Research Fellowship in 1940 wat "konstruktiewe kritiek
op mekaar moes lewer sodat skolaste kan groei". Dit is soos hy dit
stel. Maar inteendeel het hulle begin om elke aspek van die Adventiste leerstellinge
te begin bevraagteken, onder die vaandel van studie in die kommitee. In 1950
verklaar president W. Branson dat die BRF is ʼn "renegaat organisasie"
en hy stuur ʼn brief oor die wêreld om al die leiers te waarsku.
Hulle was uit die veld geslaan en kwaad daaroor. Hulle het steeds met hul
werk voortgegaan en in 1969, na 30 jaar in die sendingveld kom Robert Pierson
by die Wereld Konferensie aan as president. Hy was onmiddelik baie kwaad oor
die werk van die BRF en besluit dat voortaan teoloë nie oor die leerstellinge
van die kerk kan besluit nie, dit moet deur administrateurs gedoen word. Teoloë
reageer en Gordon Hyde, Robert Pierson vra toe vir Gerhard Hasel om in 1969 na
Andrews Universiteit te gaan om "huis skoon te maak". Hy het.
Baie professore was geskuif en vervang. Andrews was ʼn byenes.
Cottrell was baie kwaad en skryf later oor die tydperk dat dit ʼn tyd
was van die gekonkel van Pierson-Hyde-Hasel span waar hulle ʼn
"argitektoriese krisis" in die kerk gebring het tussen 1969-1979.
Arthur Coetzee het aangeland en gesimpatiseer met die liberales en was ook
kwaad vir Hasel.
ʼn Insident het plaasgevind na Coetzee se arrivering en Hasel as Dekaan was
beskuldig maar die FBI het gevind dat Hasel ʼn alibi gehad het. Maar Coetzee het
blykbaar daarin geslaag om Hasel die Dekaanskap te laat afstaan.
Volgens Cottrell se autobiografie (wat aanlyn is) het Hasel toe die ATS
gestig om konserwatisme te bevestig. Coetzee het
fondse "opgedroog" vir Hasel en daar was nie goeie dae tussen hulle
nie. Maar toe begin miljoeners in die kerk soos byvoorbeeld die Little Debbie
fabriekk eienaar in Tennessee om vir Hasel $2 miljoen te gee vir die
opleidingsfondse van konserwatiewe studente in die teologie. Hy het bepaal dat
die geld nie in Coetzee en tesourie se hande moes wees nie en ook dat dit
uistluitlik vir konserwatiewe studente gebruik sou word. Ons liewe Vader in die
hemel het myself en my vroutjie gevoer uit die fonds.
Die Afrikaner (ʼn
liberaal gesinde) en die Duister (ʼn konserwatiewe gesinde) maar in groot
spanning. Cottrell het natuurlik saam met ander voorgestel dat Present Truth in 1970 gestig word nadat
Hasel gearriveer het tussen die lot liberales by Andrews. Coetzee het eers in
1977 gekom? Adventist Today is later
gestig. Dit was die mondstuk van die Liberales.
Die liberale "nes" het S. Bacchiochi ingesluit want op sekere dinge
was hy konserwatief maar oor die VFD vicarius
filii dei was Bacchiochi baie liberaal en het J. Paulien en R. Stefanovich
beinvloed. Hasel en Bacchiochi het ook nie aan dieselfde kant van die vuur
gesit nie.
Die simposium op Bybelse Hermeneutiek van Gordon Hyde was ʼn poging om die
konserwatiewe skolaste te gebruik om die kerk se geleerdes ʼn handleiding te gee
wat die gevare van liberale denke in die wetenskap van die Bybel aan te dui en
te identifiseer. So ook die boeke van Hasel. Almal.
Cottrell was baie kwaad en toe Hasel dood is in 1994 toe sê Cottrell in Oktober
1995: "Bybelse Hermeneutiek: watse verskil maak dit?" Baie
sarkasties. Hasel is dood in Junie 1994 en Cottrell skryf in Oktober 1994:
"Waar gaan ons heen met Adventistiese Kreationisme?" In September
1997, 3 jaar na Hasel se dood, skryf Cottrell (die muis is baas as die kat weg
is): "Eksegetiese weersprekinge in die tradisionele siening van Daniel
8:14". In Februarie 2002 skryf Cottrell: "Die Heiligdom Leerstelling:
Is dit ʼn pyn in die nek of ʼn groot diamand?" Hy is dood in 2003 en Smuts
het my kop gewas oor my reaksie. Maar aangesien ek op Cottrell se autobiografie
afgekom het eergister in sy eie woorde, staan ek by my analise: As geskeide man
was Cottrell dieselfde as George Knight: beide het liberale idees oor
Adventisme en speel in die hande van die Baal profete en staan nie by Elia nie.
Ted Wilson is die teenoorgestelde van Robert Pierson: "Administrateurs
maak nie leerstellinge nie, teoloë doen dit".
Die BRI is geinfiltreer deur die liberale nes en so ook die Wereld-Konferensie.
Ons moet maar die ou Sabbatskool boekies oor Daniel en Openbaring van die jare
1969-1989 gebruik en nie die huidige lesse, spesiaal vir die twee boeke. Soos
byvoorbeeld nou die dag se Sabbatskoolles oor die sewe Kerke van Openbaring.
Geen datums was genoem nie. Hoe moet ons nou die nuwelinge in die kerk voed met
so ʼn boek?
Liewe Heer
Ellen White sê ons moet nie broei op die negatiewe aspekte van die wat krities staan teenoor die Waarheid nie maar eerder fokus op die Waarheid. Help ons om dieselfde gesindheid te hê. In Jesus naam. Amen.