Engele by die aanbidding
Koot van Wyk (DLitt et Phil; ThD)
Besoekende Professor
Kyungpook Nasional Universiteit
Sangju Kampus
Suid Korea
Medeaangehegde Lektor van Avondale Kollege
Australië
26 Februarie 2011
Die kerkie lyk leeg
met oop banke
hier en daar n persoon.
Maar ingevul
onsigbaar
sit honderde engele
ingeskuif
om die Godswonder te aanskou -
Hoe n sondige mens
sy vriende kan agterlaat
sy begeertes kan uitskuif
sy planne kan verander
sy afsprake kan omruil
om sy plek te kom inneem hier -
waar aanbidding is
waar God's Woord sentraal word
waar selfsugtige rede gewas word deur die Gees
en Geesvervulde rede
uitgesoekte Godservaring
kan meedeel
met glimlag in die leed
met tevredenheid by die verlies
met trots op die vernedering
met hoop temidde van beskaming -
en uit die modder,
die sterre sien
en die modder nie eens plek gee vir oorweging.
Lied op lied
in valse noot en orrel glippinge
kan geen engele koor
so mooi verwerk
want dié lied
is ervaring's gelaaid
is spanning's getoon
is dialekties verkose
is liefde getrokke
met n dieptheid
wat slegs n Geesvervulde sondaar
kan voortbring
en dié skepding
wil geen engel mis.
En vanaand,
na die Sabbat
word die nuus-video getoon
van planeet tot planeet
in wêrelde ongevalle
en duisende by duisende
staan verstom om te sien:
mens kán God kies,
Satan is geen verskoning,
genes is geen rede,
opbrengs is geen ontvlugting -
weg van dissipline
geloof
die goeie
die Godsontmoeting
en die Godservaring.