Sabbatskool les
Koot van Wyk (DLitt et Phil; ThD)
Besoekende Professor
Kyungpook Nasional Universiteit
Sangju Kampus
Suid Korea
Medeaangehegde Lektor van Avondale Kollege
Australië
26 Februarie 2011
Boek in die hand
buig ons die hoofde
om U te vra ons ervaring
ons gedagtes
ons wyshede
ons lese uit U woord
te verwoord vir mekaar.
Amen.
Ken ons die teksversie?
Hoes en proes en mompel en piep
maar baie het die les onderstreep met rooi en blou,
gereed om te antwoord
wanneer gevra
of te vra
soekende n antwoord.
Dis Sabbat Middag en Sondag en Maandag
Skrifteks lees
Wat sê dit vir u?
Ervaring, rede, God's Woord, navigasie van die Gees
bring antwoorde
sodat elke hoekom?
daarom word
elke waneer?
toe.
Die legkaart van die planne van God
word duideliker en duideliker
met die jare
wat die Woord van God
oopvou aan die leser
wat lees
reel op reel
en vers op vers
totdat almal kom tot die gesamentlike
verstaan van die God's begrip.
Klip word klei
Sonde verwelk
en die mooi blom
gaan oop
vir God
in die moeras van die wereld,
gesteel deur donker magte.
Geesgewasde rede
soek uit die ervaring
en die herrinnering
die menslike begrip
wat geskaaf kan word
deur die les
met mekaar
met die Woord van God
met die Gees se leisels ingetoom
altyd vorentoe op die knieë.
As die eind klokkie lui
kreun die siel
want so n hoogpunt
kry selde n oomblik van ontvlugting
soos dié
want n deel van die self is gegee aan ander
en n deel van hul self is ontvang
en n deel van God's Self is begryp
en n deel van God's Gees versier dit in die geheue.
Vasgele in die geheue,
georden,
die menslike sisteme geskuif,
die eie bakens aangepas,
by die norm van die Godsopenbaring
en verkeerde idees, begeertes, gedagtes, planne, verstane,
vind sy finale plek in die niksheid,
waar dit hoort. Die asblik van God.
Godservaring soos dié, o Heer
kan selde n mens vergeet
en vandag,
word n voorbereiding
vir more
en die week se studie,
vir Sabbat.
Sodat volgende Sabbat
ons kan instap met n bagasie
van onself, ons ervaring, ons idees,
wat weer van voor af langs die Skrif
langs mekaar
langs die Gees kan neersak
vir toets, vir oorweging, vir aanskoue
vir ontleding, vir ontlediging, vir aanpassing,
vir uitbouing,
en sterker as voorheen
groei die denke
Godgevulde denke
Godhervormde denke
selfsugonderdrukte denke
om die self te laat blom
vir elkeen om te geniet
te ruik
te sien
te verstaan
te waardeer
sodat hulle ook aanskakel
om volgende week
met hul bagasie te kan kom -
deel.
God gee Homself in Sy Woord
die Gees gee Homself in Sy insprake
die rede, aangepas by die Woord en Gees
kan nou homself gee
en menslike instrument
word bruiks-item
in Sy Hand.
Ook my, o Heer
Amen