Drie Eenheid in die
Bybel en misverstand soms (Trinity in the Bible and some misunderstandings)
Sookyoung het twee
tekste gestuur vir jou wat ons hoosaaklik beskou. Die een is dat sonde
teen die Gees kan nie vergewe word nie. Sonde teen die Vader en Seun kan
vergewe word. Logies gesien is daar
dus drie met twee aan een kant en een aan die ander. Die Gees in die teks
is nie identies met Christus of die Vader nie, want dan sou sonde vergewe kon
word. Sien jy die logika?
Die ander teks is een
in die Nuwe en een in die Ou testament wat se dat die Heilige Gees is
God. Anannias en Petrus in
Handeling 5 1 Samuel 25 Mense se dat die
Heilige Gees is net n krag of energie. Maar soos jy kan sien is dit ook n
persoon. EGW het drie aanhalings waar sy se die Heilige Gees is n
persoon. Die Bybel ook. Hy kan bedroef word,
Hy kan geliefd word, Hy praat, Hy leer, Hy onderwys, Hy lei ens.
Assosiasie is
natuurlik identiek. As jy Christus aanneem, neem jy ook die HG en die Vader
aan. Die een is die ander. Maar tog nie. Wat net
Christus het gesterf. Net die Vader ken die Wederkoms datum. Net die Heilige
Gees se sonde kan nie vergewe word nie.
Dit is hoekom ons die
Drie-eenheid as noodsaaklik beskou. Natuurlik is daar
probleme met verduidelikings. Maar die Bybel is al wat ons het en die misterie
aspek is waar ons skoene uittrek op ons kniee val en se, ek verstaan nie maar
ek glo.
Dit is nie die
Katolieke wat ons dit gegee het nie. Dit is nie Froom wat
dit in Evangelism 1946 ingedruk het nie. Froom het eers in
Januarie 1955 die Christus natuur siening goedgepraat in n artikel. Dit was die Dekaan van
Andrews Universiteit prof. Rebok wat in 1949 die Bible Readings for the Home
wou herskryf met veranderinge oor Christus se menslike natuur. In plaas van
Christus neem die natuur van sondige Adam verander hy dit toe dat Christus neem
die natuur van sondelose Adam voor die val. Die boek was eers in 1958
gepubliseer. Hoofpunt. Froom het nie die Drie-eenheid ingedra nie. Wat ek nou vir jou
skryf is n opsomming van my gesprekke met David van Rensburg sedert ons weg is
in Feb 2019.
Boek: Andrews
Universiteit gaan n boek uitbring oor die Drie-Eenheid tussen 1844-1915. Mense
sal die oorsronklike dokumente self kan lees. Dit sal in die appendix wees
agterin. Die skrywer is D. Kaiser.
Konferensie oor die
Drie eenheid. Youtube het hierdie
jaar gepraat oor die Drieeenheid by Southwestern Adventist University. Baie
goeie tekste word gehanteer.
Verkeerde videos Baie videos wat n
twee-eenheid voorstel [Christus en Vader] het baie foute rakende ons
kerkgeskiedenis. Hulle gryp feite uit verband uit. Ek vind ook dat hulle
nie korrek is met datums nie. Hulle is nie korrek met die metode hoe Ellen
White haar boeke geproduseer het nie. Die Amerikaanse groepe
is saamgestel deur eks-adventiste plus Armstrong se Kerk van God groepe. Hulle
het "ministries" maar jy sal sien dat hulle altyd geld vra. Die
evangelie is gratis en my kommentare is gratis aanlyn. Ek kry nie n sent
daarvoor nie.
Het ons kerk probleme
en is alles 100%. Ons sal dwaas wees, oor ander sake natuurlik, nie die Drie
eenheid nie, as ons die dinge miskyk. 1. Vroue verordinering
is afgewys in die 3rde Wereld konferensie besluit. Maar die NAD Noord
Amerikaanse Divisie wil rebels wees teen die besluit. 2. LGBTQH sake word
met handskoene gehanteer in Amerika (RSA?) omdat die wereld Jurisprudensie of
Wetsieninge in die lyn is veral sedert 2007. 3. Mense leef nie
altyd die Bybel beginsels nie. Hulle speel met God.
Misleidendes Lidmate word deur die
slimfone om die bos gelei deur eks Adventiste, en ander gelowe wat ons data
gebruik, dit verdraai, en uitknippend hier en uitknippend daar n collage
teologie saamflans en dit as waarheid opdis. Eenvoudige lidmate kan nie
onderskei tussen dwaalleer en waarheid nie, en dus skep hulle hul eie valskerm
beweging om uit die vliegtuig te spring gedurende die vlug en ander ook te vra
om dit te doen. Hulle gebruik woorde soos: die vlugkaptein is n 'wolf in
skaapsklere'.
Die Bybel se tekste
oor God moet geharmoniseer word. Neem mens net twee
tekste dan klink dit of daar baie gode was oorspronklik maar dit is
verkeerd. Neem mense twee of
drie tekse of meer dan klink dit of daar net die Vader en Seun is. Maar lees
verder in Paulus se hoofstuk, die Gees word ook genoem later voor hy die
hoofstuk afsluit. Die drie tekste wat ek
bo genoem het, is kardinaal om aan te dui watter belang die Heilige Gees het as
n Derde Hoof in die Hemel. "Heavenly Trio" Evangelism 1946 ek vergeet
die bladsy nommer?
Soos Jehowa Getuies. In Hoerskool het ek
gereeld met Jehowas gestry etenstyd want hulle het altyd by my kom eet. Later
jare het Hannes Papenfus, een van hulle n Adventis geword in Vryheid en is dood
kort daarna. Ek dink sy ma was toe al n Adventis. Hulle redeneer soos n
passer om n punt. Rond en rond en rond en rond. Hulle dink nie A to Z nie met
een ding op n slag. Hulle luister ook nie
wat mens se nie. Hulle spring rond met
hulle argumente. Mens moet een goeie
teks vir teks neem. Op n keer. En as mens vasbrand
met die teks. Bly daar tot dit duidelik is. Maak plek vir
onvolmaakte verstaan. Ander tekste sal byvoeg wat die een teks net die halwe
feite gee.
Ek hoop dit help. Dit
is die dinge wat ek met Dave in Newcastle oor gepraat het.
Groetnis