Geloofsversekering
As iemand nie
voorgeneem het om gewoonte-sondes af te sweer nie en te laat staan nie, gaan
die persoon n baie moeilike stryd he om geloofsverserdheid te he. Die innerlike
vrede wat kom dat die Bybel in Ezechiel, onder andere, verklaar dat as die een
wat afgedwaal het, sy weg terugvind na die Here, sy sondes is vergewe en
Christus veg sy saak vir hom. Punt.
Die tonge praat
nog, die hart is opgemaak vir geen sonde as dit kan, en as dit gly, word daar
met vreeslike pynlike verdriet beloof en gewerk om nie weer te "val"
nie. Die Here vergeef duisend maal duisend kere. Maar die bloed van die Lam
moet nie weer vertrap word nie. "Let me be worthy of the price He paid for
me" sing Virginia Lee op Youtube.
Wanneer mens
pamflette begin los by busstoppe dan voel mens in die wegtrek dat die Gees van
God n ontsettende vrede oor die hart laat kom. As mens besluit soos Dawid in sy
Psalm, dat hy gaan opstaan net voor die son opkom, om die morestond wakker te
maak met liedere en gelees uit die Woord van God, dan ervaar mens dat die
moegheid wat daar vroeer was om op te staan, verdwyn en n gesondheid in is in
die liggaam wat my totaal verbaas. Ek kan dit amper nie glo nie. Ek is n
laatslaper gewees.
As mens die
waarheid begin soek, dan vind mens dit.
As mens dink aan
geld wat nodig gaan wees en bid daarvoor dan is dit daar.
Gebede word
beantwoord.
Maar God is n God
van detail. Mens moet Sy detail respekteer soos byvoorbeeld: "Guard the
edges of the Sabbath". Vreeslik belangrik vir Hom. Hoekom, omdat die
teendeel ook waar is, Hy stel in jou persoonlike detail belang, byvoorbeeld jy
het nou n hoofpyn en Hy weet daarvan en werk daaraan om dit vir jou te verbeter
so gou as moontlik. Dit is n toets van detail met n seen van detail.
Hartvrede en
hartsrus kan ek nie beskryf nie.
Sulke vrede kan
nie kom by eiendoms verknogtheid nie. Ons wonings is in die hemel. Punt.
As wie ookal wil
vat, laat hulle vat. My geloof en vrede in die hart kan nie geneem word nie.