Poem in the IMF time South Korea
(6de
Oktober 1997) Yangdung-po,
Seoul
Waar is U?
Here Waarom
skelt U Adam dat hy van U wegkruip Maar ek kan U nie vind nie? In my nood soek ek U ek behoeft geld en liefde in my swakheid Waar is U? Want ek soek U en skel gelyk -- “Daar
sal weer ‘n lag op jou lippe kom en
jy sal weer in jou oorvloed geluk. Wag
op My!”
Koot van Wyk Gedig geskryf gedurende die verskriklike
jaar van die IMF era in 1997 in Suid-Korea. Ek verdien 1500 USD soos in die
verlede maar hierdie jaar met die krisis was dit R17 (ZAR) tot die USD. Dus, as
ek 700 000 KRW na my pa gestuur het omdat my ma beroerte gehad het en hy
afgetree was, dan het ek niks oorgehad nie. Ek het dus in my kar geslaap onder
die brug by Yangdung-po. In die môre
het ek gaan was by die vulstasie naby Daebang Kerk, en geskeer in die vulstasie
se waskamer. Om ekstra geld te kry het ek vir die werk gevra dat hulle my
liewers die woonstel geld gee as ‘n woonstel.Dit het so swaar gegaan dat ek
moes ekstra werk deeltyds aanneem. Ek het dus by ‘n Kindertuin instituut en
skool gaan werk in Kwanghameun naby aan Yangdung-po in Seoul in my vrye tyd
gedurende die dag. Die werk het my gebruik in die oggende vroeg en in die aande
en deur die dag het die instituut my gebruik. Dit het die knoop deurgehak.
Eindelik het ek besef dat ek sal moes kies. Ek kies toe die Kindertuin
Instituut/skool. Ek het ‘n huis gekry en kon oortyd werk en het dus meer geld
daar begin verdien. By die vorige werk was die hoof van immigrasie in Mapo my
student. Kim iemand in daardie jaar van 1997. Toe ek by die skooltjie begin
werk in 1998 gebeur dit…. Ek het nie behoorlik nagedink wat om te doen met die
werk-visa nie. Later die jaar in Junie sien ek my Visa gaan aanstons verval in ‘n
maand of drie. Toe ek by die immigrasie gaan vra wat moet ek doen toe stuur
hulle my na mnr. Kim, die hoof wat my student was die vorige jaar. Bly om sy
onderwyser te sien, lig hy my in dat my visa alreeds agt maande onwettig is en dat
hy eintlik my moet arresteer en uitpos uit die land. Maar, sê hy toe, omdat jy my onderwyser was,
vra ek jou een ding: verlaat die land ‘n dag voor die sper-datum op die visa,
en ek arresteer jou nooit. Ek is toe na Japan. En my veranderings’ dag beloof
deur die Here in die gedig, het aangebreek. Ek het ‘n kar gekry en ‘n woonstel
en die ure was goed. Daar het rus in my siel gekom en ek kon kommentare begin
skryf op die Bybel met Hosea as die eerste. As iemand wil vra waar ek die tyd
kry om die Akademiese kommentaar op Hosea te skryf wat gratis beskikbaar is by
academia.edu, dit is die rede hier. Is ek ryk? Nee, wie dink aan ryk as jy
betekenis in jou siel gekry het? My grootste betekenis was die dag toe ek
besluit het om my vroutjie te trou, SookYoung Kim. Ek dank die Here vir die
engel wat Hy in my lewe gestuur het.