Sabbat
Koot van Wyk (DLitt et Phil; ThD)
Besoekende Professor
Kyungpook Nasional Universiteit
Sangju Kampus
Suid Korea
Medeaangehegde Lektor van Avondale Kollege
Australië
26 Februarie 2011
Elke hoek van dié nag en dag
is vol van U heiligheid
soos U naderstaan aan my en ander
gelyk aan Adam van ouds in daardie Tuin.
Of ek rus
of ek slaap
as ek wakker word
dan is dit in die arms van U gerustheid.
U omvou my van agter en van voor.
My senu drade geniet die verslapping
en die opgee van enige gejaagdheid,
enige besig wees,
enige kontrole of gekontroleerd te wees,
word vir my n blye genietlikheid
om te kan dink
aan U
my Skepper
my Herskepper
my Verlosser
my Advokaat
my Here wie ek liefhet
op dié, U nag en U dag.
U wou selfs nie opstaan
op dié, U Sabbat nie
maar het gewag tot die eerste werksdag,
Sondag -
ek ek,
rustend op dié, U Sabbat
gaan die Sabbats rus in
wat oorbly vir die volk van God,
omdat ek herdenk
die plaasvervangende Ewige Rus
van U dood,
na die kruis, Vrydag
en voor die opstanding, Sondag
tot my n blye Saterdag -
met U.
Amen