Opstanding
Koot van Wyk (Chongni, Suid-Korea, 12 August 2017)
Die haan kraai drie maal maar nie vir
Petrus nie
Drie maal vir die Engel wat gaan kom
Dan bewe alles en die soldate spring orent
n Blink gedaante onbeskryflik beweeg die
swaar klip alleen
Sowat van krag het die Romeinse Ryk nooit
beleef!
En Christus Jesus die Messias en Koning van
Genade
Staan gereed om uit te stap -
Sagkens beweeg hulle na omhoog en verdwyn
in die wolke.
Die linne is opgevou
Die graf is leeg
Die soldate kyk na die voetpad weg van die
klip
Agter hulle het die klip gerol
Groot was die geraas sonder mense hande
Toe die vroue by ligdag by die voetpad
oploop
Agter die soldate is die klip weggerol
Die vroue wys met een hand en die ander op
die mond
Die Engel sit op die klip en wag
“Hy is nie hier nie. Die graf is leeg.”
ʼn Leë graf
Die vroue loop in maar sien net die linne
Die vroue hardloop na die dissipels
Die soldate na die kantoor
Daar was geen kriminele oortreding nie
Tog is Hy weg
Dié moet, kan hulle nie verstaan nie.
Die Gees gee begrip as ek “verlossing” sug,
Raak U skouer en U lig U deurboorde hand
Om die Vader se goedige knik te sien.
Seun van God, seun van God. Opstanding,
opstanding.