ween nie

 

wanneer ek lê met kanker -
lag saam met my.
Satan het gedink hy het my liggaam
maar God het my siel

wanneer beroerte my arms, bene en spraak uitwis
is trane nie nodig nie -
lag saam oor God's oorwinning
om my siel uit Satan's hand te ruk

 

wanneer ek my oog links en regs draai
om nee te sê
en knip
om ja te sê
moenie sprakeloos staan in bejammering
ek is ʼn kind God's
en vir my roep die ewigheid in siel -
ek lag vir Satan en ek is verheug in God.

 

wanneer die kis afsak in die graf -
ween nie oor my tragiek
want tragiek sal dit vir my wees
as ek jul agterblewendes nie meer kan sien -
want ook julle moet jul siel plaas
in die Lewegewer se Hand
om die Doodsversugte
se uitbuiting te laat misluk,
want ewig bly hy agter -
dis tragiek

 

koot van wyk 17 April 2012