Een ding kom jy kort
Koot van wyk (DLitt et Phil; ThD)
Besoekende professor
Departement van Liberale Kuns
Opvoeding
Kyungpook Nasionale Universiteit
Sangju Kampus
Suid-Korea
Medeaangehegde lektor vir
Avondale Kollege
Australië
Baie
mense gaan die hemel net net mis, het evangelis dr. Barkhuizen eendag gesê. Ds. Danie Steyn het dieselfde
gesê vir die Nederduits-Gereformeerde
Kerk in Suid-Afrika. Beide was my gunsteling predikers, een in my eie geloof en
die ander vir ʼn kerk wat Sondag hou. Sê ds. Danie Steyn “Dis daardie ma
wat met haar swartgeverde oë deur
die strate afloop om haar minnaar te vang; die pa wat elke aand besope by die
huis aankom, hy ken nie die binnekant van die kerk nie, hy’s bittermin daar;
dis daardie lidmate wat vir jou sê: ‘Déur
dans is sonde, maar dans self is nie sonde nie’. Ek wil dit vir u reguit stel
sodat u nie kan sê die
dominee het nie geweet hoe om dit te sê nie.
Wanneer jy met jou voete op die dansvloer beweeg dan beweeg jy oppad na die hel
en as jy nie jou oë betyds
oopmaak nie sal dit te laat wees”. Die Bybel sê
daar gaan ʼn geween wees en ʼn gekners van tande. Mense gaan verlore wees
omdat hulle dit net net nie gemaak het nie. Een ding het hulle kortgekom.
Ek het dikwels in die Bybel gelees van die konings
van Israel en Juda. Van hulle was hervomers en dan het hulle allerande goeie
dinge vir die Here gedoen en vir die volk en vir die tempel en godsdiens. Maar
dan is daar een vers net voor dit sê hoe hy gesterf het, dat ongelukkig het hy
nie al die afgode verwyder nie. Tragies. Dit was Jotam. “En hy het gedoen wat
reg is in die oë van die Here. . . slegs die hoë plekke was nie weggeneem nie,
mense het steeds geoffer en wierook gebrand op die hoë plekke” (2 Konings
15:34-35). Hierdie was ʼn koning gewees. Die verwagting is hoër van God as ʼn persoon
die mantel van God dra en op sy doktorsgraad is drie Anglikaanse kruise. Hy ken
die Woord van God, hy weet die Weg, hy ken dit. Hy verstaan God. Hy begryp die
Verlossingsplan, maar soos Petrus is hy bereid om op een na, homself te verkoop
aan die Satan.
Ek het altyd vir myself gevra, wat is die Ashera
afgode wat so populêr in Israel was? Sy was die godin van seks of vrugbaarheid
en haar beeld het menigte vroue-borste op gehad. Israel kon nie wegbly van
hierdie Ashera nie. Dan het hulle hervorm en was toonbeeldig en kort voor lank,
het hulle tougestaan by hoogtes of tempels of piekniek-plekke om te speel met
die naakte. Die kombinasie van vorm, begeerte, beeld en verbeelding,
kreatiwiteit en al hulle menslike wense, ook hulle tekortkominge wat hulle dryf
in hul wense, het gemaak dat hulle skoot vir skoot weer tougestaan het.
Totdat ons, my vroutjie en ek in ʼn hotel
afgekom het op die pienk kanaal van die TV. Dit is die kanaal wat die moderne
Ashera is. Die doel is om die hotel bewoner te laat “aanskakel” in dinge wat
onder die belt is. Maar hierdie kanaal plaas wolke om die brein en verdoof die
verstand, om die woorde van ʼn moderne profeet te gebruik. Ons spring daaroor en
kyk nie daarna nie. Soms gly mens stadiger daaroor as wat dit moet. En dit is hier
waar ek vir myself sê “Koot, jy moet kies. Ashera of God maar jy kan nie altwee
kry nie”. Heiligmaking vir my moet beteken dat daardie pienk kanaal afgeblok is
by die hotel-personeel voordat mens die kamer instap. En dit is die voorneme
wat ek vir myself gemaak het. Ek sal reël by die hotel admin om die kanaal te
stop vir ons kamer sodat ek gladnie daarmee bemoei sal wees nie. Ons moet in
ons lewens op die plek kom waar ons diep krap om te sien wat sal maak dat ons
die koninkryk van God net-net sal mis.
Dr. Gerhard van Wyk het gesê: “Wat van die
kruis afgedrup het is nie heuning nie, dis bloed”. Dit help nie vir ons om net
heuning te smeer en suigstokkies uit te deel nie, die waarheid is dat ek in myself
moet soek vir dit wat ʼn afgod skep tussen my en God. God is heilig en kan nie
kompromeer met die sonde nie. Dis óf God óf die sonde maar dit kan nie albei
wees nie.
Daar is lidmate in ons moderne samesyn wat sê:
“Maar Koot, jou definisie van sonde is nie korrek nie. Alles is relatief en nie
absoluut nie. Die Bybel is ʼn geslote boek vir toentertyd se samelewing.” Dit is
wat húlle dink maar ek moet dink vir myself. Die Bybel is vir my die enigste navigasie
instrument na my kans op die ewige lewe. En ek wil die ewige lewe beërwe,
ongeag wat. Die Bybel is absoluut en onveranderlik en van toepassing vandag en
relevant. Die problem is nie die Bybel nie maar die oppervlakkige lesers van die
Bybel. Hulle sink nie diep genoeg nie.
Ek was verstom om te sien hoe die Here nou die
dag my sonde vir my uitspel in die Bybel. En nie net naastenby nie, of in
afleiding nie. Direk. Ek het dit gelees en in die middel van die nag
wakkergeskrik en gesê: waar het ek dit gelees want dit is ek. Ek het later
begin bid dat die Here my weer na die vers moet lei want ek móét erns met my
sonde maak anders is ek ook een wat die koninkryk net-net mis. Wat ʼn vreugde
was dit vir my gewees toe ek dit weer raakgeloop het. So glo ek daar is vir
elkeen hul sonde opgeteken in die Bybel. Soek dit. Lees dit. Maak werk daarmee.
Liewe Heer
Ook op my. Plaas U Gees ook op my. Die Gees lei ons na ons sonde en
help ons om die weg te baan deur dit te ontsnap. Dankie daarvoor. In Jesus Naam,
Amen.