Herfs in Korea

Koot van Wyk (18 October 2015, Sangju, Suid-Korea)

Die Van Gogh tyd is hier

Ek sien dit aan elke boom en blaar

geel, groen, bruin, blou

en sonnige vars lug

asem ek in met geluk

Die kunstenaar is nie meer -

sy kuns wys herfs

en ek is nie in sy prent.

Ongetekend

More en oormore en oormore se more

sal sy prent herfs wees en bly

 

Maar elke oomblik val ʼn blaar

en elke uur word dit koeler -

en die Groot Kunswerk beweeg

kleure van geel, groen, bruin, blou

en sonnige vars lug -

asem ek in met geluk

Want die Kunstenaar is steeds -

Sy kuns wys herfs

en ek is in Sy prent.

Inbegrepe

 

Soek ek dan die antwoord

Op die raaisel

Waarom Maan, Mars en Pluto ongedekoreerd is?

Dan kyk ek op verby die natuur

en die uitspansel en die heelal

en die wetenskap wat onwetend

verslaafd is aan hul eie evolusie sindroom -

verby en op -

Na die Kunstenaar wat Natuur bly verf

net vir my öe