Esra 7: Notas

 

Koot van Wyk (DLitt et Phil; ThD)

Besoekende Professor

Kyungpook Nasional Universiteit

Sangju Kampus

Suid Korea

Medeaangehegde Lektor van Avondale Kollege

Australië

26 Februarie 2011

 

Die boek deur Siegfried Horn en L. H. Wood is die standaard vir n korrekte verstaan van Esra 7 (S. Horn, L.H. Wood, The Chronology of Ezra 7 [Review and Herald Publishing Association, 1970]).

1. n paar volg 467 vC;

sommige 458 vC;

baie 457 vC.

2. In 1701 William Lloyd hersien die datum van James Usshers, 467 vC na 457 vC en vir 200 jaar na die middel van die 19de eeu was dit die staande begrip. Vir 200 jaar Ussher's datums was die "verkrygde kronologie" of "die Bybelse kronologie" (Horn en Wood 1970: 7).

3. Ptolemeus se Kanon gee 458 vC en die Babiloniese-Persiese datum is 458/7 vC (Horn en Wood 1970: 9).

 

4. Vier faktore is belangrik vir kronologie:

a. optelling van die berekening

b. veranderbaarheid

c. kalender

d. metodes van datering

 

5. Datering formuleringe:

a. Die 19de jaar van Nebukadnezar is die 11de jaar van Sedekia in 586 vC en in Nebukadnezer se 37ste jaar was daar n astronomiese naspeuring.

b. Toe Kores sterf in 530 vC was dit sy 9de Persiese jaar. In 529 vC (Lente) was daar n sonsverduistering volgens die Ptolemeuse Kanon.

c. Alexander die Grote sterf in Junie van 323 vC en dit was die eerste jaar van die 114ste Olimpiese spele.

d. Wanneer die Jode van Babylon verwys na gebeure in Palestina aan Palestynse Jode, dan koppel hulle dit aan die Persiese regeerder, die 7de jaar van Artasasta. Die verwysing na die 5de en 1ste maand word gebruik. Die vraag is:

(i) Is dit n opvolgings sisteem?

(ii) Is dit n nie-opvolgings sisteem? Is dit Persies of Joods? Dit is dus belangrik om die metodes van datering in Esra 1-4 te ondersoek (Horn en Wood 1970: 11-12).

 

6. Verskillende Datering sisteme

a. Sumeriese sisteem

Die Sumeriërs was gebeurtenis aangetrokke. Die gebeurtenis is gebruik om te dateer. In die soveelste jaar na die vloed.

So ook in die 7de jaar van Hammurabi was Uruk en Isin ingeneem.

Dan weer in sy 10de jaar was die weermag en mense van Malgu vernietig (Horn en Wood 1970: 13).

Daar was n gebeurtenis en die datering is die jaar van die gebeurtenis as aanknopingspunt.

van wyk nota:

In die Horn Museum by Andrews is daar baie Drehem ekonomiese tekste en op baie van hulle wat deur Marcel Sigrist gepubliseer is, is daar n jaar formula, "In die jaar toe dit of dat gebeur het" wat n korrelasie is met een van die konings van die Ur III periode, Urnammu, Shulgi, en die ander twee broers. Daar is n paar artikels en n lys van die konings en jaarformulas sodat as mens n tablet ontdek en die jaarformula is gegee, dan weet mens watse koning dit is.

Horn toon aan dat die datering na die gebeurtenis van die jaar is en nie voor of gelyktydig nie. n Tablet van die Peiser versameling in E. Weidner, "Zur altbablyonischen Jahresbenennung" Orientalische Literaturzeitung 15 (1912) kolums 392, 393.

Dus, die eerste metode is die lys van name van gebeurtenisse.

 

b. Die Eponiem Kanon of Limmu metode

Die Assiriese woord is limmu en die Griekse woord is eponiem. Die Eponiem Kanon is n lys van Assiriese limmus.

Voorbeelde:

A. Ugnad, "Eponymen" RA 2 (1938): 412-437.

S. Smith, CAH vol. 3 bladsye 3, 92 en 93.

Hoe werk dit?

In die soveelste jaar vanaf die aanstelling van n hoë amptenaar deur die koning, is die limmu jaar of eponiem jaar (Horn en Wood 1970: 14).

Byvoorbeeld:

In die eerste jaar van Sargon II is n limmu amptenaar met die naam Nimurta-ilaia aangestel.

In die tweede jaar van Sargon II is an limmu amptenaar met die naam Nabu-taris aangestel.

n Tablet sal dus gedateer wees in die jaar van die amptenaar Nimurta-ilaia of Nabu-taris en dan weet mens dit is die eerste of tweede jaar van Sargon II.

Hierdie metode was dus n Assiriese berekenings metode en het n lang geskiedenis vanaf 2000 vC tot 700 vC en word genoem die eponiem lys kanon metode of die limmu metode (Horn en Wood 1970: 15).

 

c. Die Egiptiese regerings jaar daterings sisteem

Die regerings sisteem van Egipte het n lang geskiedenis maar die Kassiete het dit in 1570 vC oorgeneem van die Egiptenare en dit ook gebruik.

van wyk nota:

n Kassiete spesialis is John Brinkman van die Verre Ooste Instituut in Chicago. Een aspek waarvoor mens versigtig moet wees met Brinkman is dat hy van mening is dat die kronologie van die Kassiete vol foute is en dat daar nie n presisering van hul tellings was nie. Die siening word nie gedeel deur die navorser [die uwe] nie. Hulle was pynlik presies en ons is verkeerd in ons benaderings met hulle.

In die jaar 1570 vC was daar die limmu-jaar sisteem van die Assiriërs in die Noorde, die jaar tellings sisteem van die Oud Babiboniërs en toe die Kassiete regerings jaar sisteem geleen van die Egiptenare in die Suide (Horn en Wood 1970: 15).

Die kalender jaar en die regerings jaar staan in n sekere verhouding met mekaar. Daar was twee metodes:

a. Die troonopvolging's jaar berekening

Volgens die berekening is die troonopvolgings jaar nie inbereken in die telling van die jare van die koning nie. Die eerste jaar begin die daaropvolgende jaar.

Die Assiriërs, Babiloniërs en Perse het die stelsel gebruik tussen 626 vC-75 nC (Horn en Wood 1970: 17 veral voetnota 5 volgens R. Parker en W. H. Dubberstein, Babylonian Chronologies 625 BC - AD 75 [1956]: 10-19).

Byvoorbeeld:

Koning A sterf in sy 20ste jaar die 5de maand. Die periode tussen die sesde maand, wat die begin is van die koningskap van Koning B, en die aanvang van die volgende jaar, word nie inbereken in die jaar van die koning nie. Sy eerste jaar begin by die aanvang van die volgende jaar.

van wyk nota:

Geleerdes het nie besef dat daar twee sisteme gebruik was in die tablette van Sargon nie, die Babiloniese skrywers wou nie die eerste jaar tel vanaf die troonopvolgings nie omdat Sargon II die troon gesteel het deur die moord op die vorige koning. Die Assiriese dokumente van Niniveh, gee egter die telling as beginnende by die troonopvolgingsjaar as die eerste jaar. Dus, wat Assirië verklaar as gebeurend in die jaar 3 sal by die Babyloniërs gesien word as jaar 2. Ons het die geval van n gebeurtenis wat plaasgevind het in die 9de palu van een tablet maar die 11de palu van n ander. Die moord op Salmanezer V was dus die rede tot eklusiwiteit van die begin van sy regering by een groep en die inklusiwiteit by ander groepe. n Hoofstuk hieroor is beskikbaar in K. van Wyk, Squatters in Moab 1996 en ook by www.egw.org.

In die Babiloniese sisteem die regerings jaar was gelykstaande aan n kalender jaar, naamlik die godsdienstige jaar wat geval het tussen Nisan en Nisan.

Die 37ste jaar van Nebukadnezer II is 567/66 [dit is 568/567 vC].

Die probleem met die berekenings metode is dat daar n dubbele datering is. Daar is n oorkruising.

Byvoorbeeld:

2Konings 18:1, 9, 10 waar daar n troonopvolgings jaar is wat uitgesluit is in die berekening.

 

b. Die nie-troonopvolgingsjaar berekening

Byvoorbeeld:

1Konings 15:25, 28. Dit is die berekening van Nadab en Asa.

Ook 1Konings 22: 40, 51.

2Konings 1:1, 2, 17.

Die verhouding tussen 2Konings 18 en 2Konings 3 is spesiaal.

 

d. Argon lys metode van die Grieke

Die hoof van die staat was genoem n argon en die datering of verwysing na tye was gedoen met die eerste argon of tweede argon of derde argon ens. Dit was in Athene.

 

e. Olimpiese sisteem

Vandat die eerste Olimpiade plaasgevind het in 776/5 vC is die datering van Olimpiade gedoen in vier jare vanaf die middel somer tot die volgende middel somer. Griekse en Romeinse skrywers en Josefus het die sisteem gebruik byvoorbeeld Ol. 85.4 menende in die 4de jaar van die 85ste Olimpiade (Horn en Wood 1970: 23).

 

f. Konsulêre metode

Dit is die Romeinse sisteem waardeur die Senaat n Konsul gekies het en die datering is dan in die jaar van die konsul. Dit is die offisiele Romeinse stelsel (Horn en Wood 1970: 24).

In die ooste is ook die keisersmetode gebruik. In Lukas 3:1 word die 15de jaar van die regering van Tiberius Caesar aangedui.

Daar is ook n lys van amptenare en konsuls.

 

g. Stad Grondlegging's metode

Volgens die metode word berekeninge gedoen van die grondlegging van n betrokke stad.

ab urbe condita or A.U.C. is n berekening van anno urbis conditae en dit is vir Rome in 753 vC. April 21 is die geboortedatum van Rome. Datering is dus vanaf Januarie 1 tot Januarie 1.

 

h. Seleucidiese Kalender

In 312 vC gedurende die tyd van Seleuchus I was daar die Macedoniese kalender bereken van herfs tot herfs as Dios 1 tot Dios 1 of Oktober 7 tot Oktober 7.

Daarteenoor in 311 vC was daar die Babiloniese kalender bereken van lente tot lente in Nisannu 1 tot Nisannu 1 of April 3 tot April 3 (Horn en Wood 1970: 23 sien voetnota 22 vir Parker en Duberstein, Babylonian Chronology).

 

i. Die probleem van die Christelike era oorskakeling

Enige telling wat te doen het met die oorskakeling van een tot n ander kant, sal probleme he mits daar bedagtheid aan die dag gelê word.

Astronomiese berekening

-3 -2 -1 0 1 2 3

-3-212 3

In die berekening is daar twee jaar nie nodig nie want ons het nie oorgeskakel met twee ene of n nul nie. Die onderwerp was gestudeer deur James Ferguson in die 18de eeu (Horn en Wood 1970: 29).