Reaksie op Adrio König se Drie-Eenheid's begrip


Geagte prof. dr. König

Ek het u artikel gelees oor die Drie-eenheids leer.

Die gevolgtrekkings het vir my ietwat rasionalisties voorgekom, menende dat dit n gehoor bevredig wat baie vertroud is aan die metodiek van Vertolking van die periode van die Rasionalisme in die 18de eeu.
Dit is miskien nie n goeie beleid om Jode te vra of hulle die Drie-eenheid raakgeloop het in die Ou
Testament nie, want hulle sal se nee, nie omdat dit nie daar is nie, maar omdat hulle sedert die koms van Mohammed baie seker gemaak het dat hulle geloof monoteisties is.

Tog is daar in die voor-Mohammed Judaisme heelwat te se oor die Drie- eenheid in die Targoems ens.
My pa en ek wonder of u gekyk het na Genesis 1 wat se "Kom laat Ons mense maak na Ons beeld en Ons gelykenis..." Die Jode kan nie die 1ste persoon meervoud miskyk nie. Nie as hulle letterlik wil bly nie. 
 
Amos 1 en 2
In my ernstige lese van Amos 1 en 2 by die uitdrukkinge "sal Ek nie terugkeer nie..." wat 8 keer voorkom is daar iets wat alle vertalings miskyk. n Raadpleging  van Judaisme is vir my die enigste redes hoekom Christen vertalings dit vertaal met n monoteistiese "sal Ek dit nie terugkeer nie.." of  "sal Ek hulle nie laat
terugkeer nie..." (Redak en Rashi in die Middeleeue).
Maar foutief. Gewis uself daarvan.

Die Hebreeuse werkwoord het n affiks agter aan die werkwoord wat getranskribeer kan word as -nu.
Wat beteken NU? Baie maklik. Wat beteken NU in IMMA-NU-El?
Hoekom het die vertalings die "ons" uitgegooi uit die oorspronkllike? Omdat die Jode draaie om die
letterlike vorm loop want hulle kan nie en wil nie Jahweh sien as Drie-enig nie.
 
Psalm 110
n Baie noukeurige lesing van Psalm 110 wys daarop dat die  woorde "My Heer het tot my Heer gese ..."
kan nie Dawid wees nie, om baie redes. Dit maak nie sin in die konteks nie. Ek wil nie nou daarop ingaan nie om plek te bespaar. Weereens n joodse omseiling.
Sonder die Drie-eenheids leer kan die Ou en Nuwe Testament nie sin maak nie en sal mens telkens in slaggate trap.
 
 Dit is n leerstelling waarsonder die Bybelse leser nie kan fungeer nie. Ek dink nie die leerstellng het enigeiets te doen met Griekse of Romeinse wereld patrone wat die kerkvaders beindruk het nie.
 
Laat ons die onderwerp induktief benader en nie didaktief nie want hedendaagse navorsing trap heelwat klei en mens moet bedag wees op die opportunisme wat aan die orde van die dag as agtergrond vir standpunte.
 
Groetnis met n glimlag

In die naam van die Vader, Seun en Heilige Gees
koot van wyk (DLitt et Phil; ThD)
Kyungpook National University
Sangju Campus
Suid Korea
medeverbonde lektor aan Avondale Kollege
Australia
19 Junie 2009
 
 
 
Original text of dr. Konig in Beeld
 
God is anders, sê Drie-eenheidsleer
Jun 17 2009 10:39:29:173PM  - (SA)  
 Druk artikel 
 E-pos storie aan 'n vriend
 
 
 
Die vreemde leer dat God drie-enig is, is weer onder bespreking. Daar was selfs mense wat dit belaglik wou maak met sommetjies soos 1+1+1=1.
Maar die ou kerkvaders was darem nou ook nie bobbejane nie.
Dié leer staan nie in die Bybel nie. Dit is ’n poging in later eeue om dinge wat die Christene in die Bybel gekry het, te probeer verduidelik. Die woorde wat hulle oor God gebruik het, een Wese en drie Persone, is Grieks-filosofiese terme wat ook nie in die Bybel voorkom nie.
Dit beteken dat ons waarskynlik kan aanvaar dat ons nooit presies hierdie formulering sou gehad het as die evangelie byvoorbeeld deur Afrika, en nie deur Griekeland nie, na die res van die wêreld gegaan het. Die meeste Afrika-tale het nie woorde vir sulke onderskeidings nie.
Is dié vreemde leer dan in die geheel nodig? Nee, nie regtig in presies hierdie vorm nie. Maar ons het wel iets nodig om belangrike dinge wat ons in die Bybel kry, te probeer verduidelik. Die vroeë Christene het dit nie vir die grap gedoen nie.
As dit nie vir die Nuwe Testament was nie, sou ons nie hierdie leer gekry het nie. Die ortodokse Jode ken dit nie. Hulle glo daar is net een ware God – en klaar. Dit kry hulle duidelik in die Ou Testament, hulle Bybel.
Maar toe het Jesus gekom. En geleidelik beleef die mense om Hom dat Hy meer is as net ’n gewone mens. Hy het ’n unieke verhouding met God.
Om dit te probeer uitdruk, noem hulle Hom later “Here” en hier en daar word selfs na Hom as “God” verwys. Veral Johannes doen dit graag, maar ook Paulus (Joh. 1:1,18; 5:18; 20:28; 1 Joh. 5:20; Rom. 9:5).
Verder het die titel “Here” vir Jesus ook hierdie hoë betekenis. In die Ou Testament is God se Naam Here (Jahwe), en in die Nuwe Testament verklaar Paulus dan dat God hierdie Naam aan Jesus gegee het (“die Naam wat bo elke Naam is” – Fil. 2:9).
Net soos God die Vader is Jesus dus ook “God” en “Here.” Skynbaar het hulle bedoel dat Hy gelyk is aan God die Vader (Joh. 10:30; 14:9).
Maar intussen het hulle bly vashou aan die boodskap van die Ou Testament dat daar net één ware God is. Skynbaar het hulle dit toe só verstaan dat daar in hierdie een God ’n soort meervoudigheid is.
Dis natuurlik anders as ’n mens. ’n Enkele mens is net een, enkelvoudig. Maar God is anders. En hulle het hiervoor woorde gesoek. Hulle wou tegelyk die eenheid en die meervoudigheid van God probeer uitdruk, die feit dat daar net een God is, maar dat drie verskillendes “God” genoem word.
Aanvanklik het dit net oor die verhouding tussen Jesus en die Vader gegaan, maar later het die verhouding van die Gees tot die Vader ook bygekom.
En omdat ook die Gees in die Nuwe Testament met goddelike terme bely word (onder meer “Here” in 2 Kor 3:18), het Hy deel geword van hul poging: ook Hy het ’n unieke verhouding met die Vader.
Uiteindelik het hulle gekies vir die formule dat God een Wese is, maar drie Persone.
Hiermee wou hulle niks meer sê as wat hulle in die Bybel gekry het nie: Daar is net een God, maar tog word die Vader én Jesus én die Gees “God” genoem en aan mekaar gelyk gestel.
Ek is nie seker presies watter probleme mense alles hiermee het nie. Natuurlik kan ’n mens die verhouding tussen die drie ook anders probeer uitdruk, maar as Christene wil ons graag getrou bly aan wat ons in die Bybel kry, en dit is dat daar net een ware God is, maar dat sowel die Vader as die Seun en die Gees “God” en “Here” genoem word.
Kan ’n mens dit verstaan? Wat beteken “verstaan” in hierdie verband? Ek weet en verstaan dat mense nie so is nie. En ek weet en verstaan dat daar gegewens in die Bybel is wat my in dié rigting laat dink, nes die vroeë Christene.
Ons kan in ek geval net in menslike taal oor God praat, en dié wat dit in die Bybel gedoen het, het dit goed gedoen. En ek volg hulle graag hierin.
En ek is nie te bekommerd dat dit op ’n vreemde formule uitgeloop het nie. God is darem seker ’n bietjie anders as waaraan ons gewoond is.
• Prof. Adrio König is ’n sistematiese teoloog.
http://jv.news24.com/Beeld/In-Diepte/0,,3-67_2530534,00.html