Geestelike Gevare
van Facebook
Koot van Wyk (DLitt et Phil, ThD)
Besoekende Professor, Departement van Bevrydende Opvoeding, Kyungpook Nasionale
Universiteit, Sangju, Suid-Korea, Medeaangehegte lektor vir Avondale Kollege,
Australie.
Is dit nie so
dat die tydsgees het almal oorsee, veral in Noord Amerika, Austalië en Europa,
miskien ook Engeland, omhels, en die Adventis weet nie hoe om uit die kloue te
kom nie want hulle besef nie hulle is vasgegryp nie. Die denke is dat hulle
self selektief en sinvol gekies het om te glo soos hulle glo of uit te druk die
wyse waarop hulle hulself bewoord.
Het ons nie ʼn
skuif gemaak van idees gebaseer op verstandelike sinvolheid wat redelik en reg
lyk binne die teks van die Bybel na idees wat gebaseer is op gevoel en hou van/nie hou van uitgedruk in ʼn kortbondige
“twitter styl”. Ons lees nie meer nie, ons kyk. Ons is gewoond om kennis op te
doen deesdae met hoofopskrifte want die inligting’s ontploffing is te groot vir
ons brein.
So wat gebeur is
dat daar die skuif van Platonisme na Aristotelianisme is, van idees in die denke na idees vanuit die ervaring en gevoelswêreld,
van reg dink is reg na lekker geniet is reg.
Die gevaar van Facebook vir die navorser is dat Facebook, myns insiens, ʼn afleipyp is
van die lees-funksies noodsaaklik vir die uitpakking en inpakking van ʼn
behoorlike navorsing. Dit trek die aandag weg van die oorspronklike doel en die
fokus verskuif van ʼn uitsortering van
idees deur lees na ʼn giggelende
genieting van kyk, springende van foto tot foto, want elke foto is ʼn “klein
wereld” op sy eie met kortbondigheid van gedagtes die sleutel. Hierdie inryging
van dié prentjies-krale in ʼn string in die gedagtes, het die slotsom van ʼn
lekker tydversmorsing met ʼn leë brein. Dié wêreld-toer is té groot en té lank
vir die brein. Die gevoel is beter, of lekker, maar kortstondig want die kyker
moet na ʼn uur opstaan om kos te gaan maak of dorp toe te gaan of in die tuin te
gaan werk, al drie dinge wat nodig en goed is om te doen, maar wat die kyker
nie meer ʼn leser maak nie, dus is die brein ondervoed en kwynend.
Die opsigtelikheid
en paraatheid wat vereis word om die skewe raak te sien is verlore. Hoekom?
Want wat reg is neem leestyd en nadenkendheid om perspektief te voed. As mens
nie lank genoeg met die regte werk nie ken mens nie die regte óf die verkeerde
nie. Mens word neutraal of selfs téén die regte, sonder dat mens dit besef. Mens
kan dit nie besef nie want die perspektief ontbreek.
Ons jeug
byvoorbeeld wat nie geskiedenis lees nie, nie pionierswerke deurwerk nie, nie
tyd spandeer om te verstaan hoekom ons as Adventiste sê wat ons sê nie, kom op ʼn
punt dat hulle een artikel terloops lees aanlyn en dan skielik wil “verstaan”
sonder agtergrond, sonder fondamente, sonder enige navigasie-kaart in die
brein. Ons praat van ʼn mentale paraatheid wat afwesig is.
Welkom in die spasie
van die digitale moderne mens.
Hierdie is die laaste
generasie. Daar kan nie ʼn ander generasie wees wat post-digitaal kan wees nie. Die sogenaamde 3D virtuele realiteit
van sekere speletjies wat tans ontwerp word, gaan die mens net meer intrek in
die beeld. Dit is dus die Einde van Tyd. Hierdie kennisvermeerdering (maar nie noodwendig wysheidvermeerdering nie), was voorspel deur Daniel 12:4 as ʼn teken
van die Einde van Tyd. Dit is
profeties en logies die Einde van Tyd.
God het die digitale moderniteit gelaat vir laaste, om aan die hemelinge te
toon, dat ten spyte van die verleidende effek van “beeld magnetisme” op die
brein, daar tóg mense sal wees wat nie verlore wil gaan nie, nie skeef wil
groei nie.
As dit nie was
dat so baie breine dink die Bybel is vasgevang in sy eie verlede wêrelde nie,
sou hulle kon sien hoe die profete en Jesus in die Teks, ons eie dag se gebeure
ingepak het. Maar hulle kommunikeer horisontaal
met mekaar en nie omhoog nie. Mensverbintenisheid
en eie-ouderdomsgroep gehegdheid, is ál wat saakmaak. Dit kan ook nie anders
nie, want ironies raak die mens eintlik meer eensaam as tevore.
Dié kyk-mens se
waardes het ook geskuif. Die gewilligheid om te luister na iemand wat praat het
nou te doen met ooglikheid: is die persoon
aantreklik of mooi; is die persoon my ouderdom of jonger; word daar meer
ervaring gedeel of is dit die “ou denktrajek”? Die denk analises is nie meer populêr nie want hulle werk nie meer
daarmee nie. Ons is terug by die begin. Omdat hulle spring van foto na foto en
twitter-sinnetjie na twitter-sinnetjie, “hier ʼn reël, daar ʼn reël” sê Jesaja,
daarom het hulle ʼn gebrek aan kennis. Die Woord van God het ʼn geestelike
hongerte gebring in ʼn tyd wat die Woord, ironies genoeg, meer beskikbaar is as
ooit in die geskiedenis van die wereld.
n Vriend van my
het sy kinders in Michigan probeer “omdraai” of “oriënteer” met ʼn paraatmaking’s
poging. Hy het hulle $1000 aangebied elkeen as hulle Die Groot Stryd Reeks van Ellen White deurlees. Hulle moet
verskillende kleure gebruik om bewys te gee dat hulle die teks deurgewerk het.
Sy kinders is tans betrokke by Jeug uitreik programme in die kerk. Die
belegging het gewerk.
As ons die digitaal
opsyskuif en wegbeweeg van beeldoorheersing
na teksomhelsing, sal daar ʼn kognitiewe
skuif in die brein plaasvind wat die perpektief
oriënteering oor die gevoelsoriëntering
sal plaas en groot gevolge sal meebring.
As mens té veel
TV kyk of té veel met die foon kliek, of té veel Facebook betrokke is, dan
veroorsaak dié opperheerskappy van beeld
oor teks dat die brein verarm in
gedagtes en nie leidend is nie, meer gedissipeleer is of volgend is van ander
mense se idees en sieninge. ʼn Besluit om die beeld ondergeskik te maak is
moeilik in die begin maar die resultaat is dat die teks die beeld oorheers
en die gevolg is, kyker word weer leser, en ʼn produktiwiteit in navorsing,
perspektief-uitbouing, ʼn verstaan van baie dinge, ʼn ontdekking van die
profetiese waarhede, ʼn ondersteuning van die pioniers’ sieninge wat nie gewerk
het met digitale beelde nie, kom na vore.
End item
Ander bronne oor die gevare van Beeld oor Teks
oorheersing:
G. Liang, “PowerPoint
Is Evil” Edward Tufte Magazine 9 January
2003. Aanlyn geraadpleeg by http://www.wired.com/2003/09/ppt2/ Eduard Tufte
is ʼn professor emeritus en is volgens die New
York Times die Leonardo da Vinci en Galileo van Grafiese ontledinge. Sy
boeke sluit in: Visual and Statistical
thinking (1983), The Cognitive Style
of Powerpoint, Visual Display of
Quantitative Information, Envisioning
Information, Visual Explanations,
and Beautiful Evidence. Tufte was een
van die Columbia Ruimtetuig ontleders van Powerpoint en sy slotsom was dat die
Columbia Ruimtetuig het ontplof omdat navorsers te veel waarde geheg het aan
Powerpoint en nie aan referate deur Microsoft nie. E. Tufte,
“PowerPoint Does Rocket Science: Assessing the Quality and Credibility of
Technical Reports” Aanlyn geraadpleeg op die 18de Augustus 2016 by http://www.edwardtufte.com/bboard/q-and-a-fetch-msg?msg_id=0001yB. PowerPoint is ʼn quasi beeld-teks program omdat dit beeld is
wat die indruk gee dat dit teks is. Ek is tans besig om navorsing oor die
waarde van PowerPoint te doen.