Job : Hoofstuk 5

Koot van Wyk (DLitt et Phil; ThD) Besoekende Professor, Departement van Liberale Kunste Opvoeding, Kyungpook Nasionale Universiteit, Sangju Kampus, Suid-Korea, Medeaangehegde lektor by Avondale Kollege, Australië

 

Elifas is ʼn eksistensialis wie voel dat realiteit is gekoppel met die mens se onmiddelike lewe. Daarom, is Job se probleem, volgens sy nadenke, homself. Wat jy saai, sal jy maai, is die hoof tema. Daar is geen behoefte om die bonatuurlike aan te roep nie (vers 1), want dit is dwaas en verleidend (vers 2). Dwase mense se habitat word vernietig en in oorlog sterf hulle (verse 3-4). In vers 3b sê Elifas dat “ek het sy rusplek verkoel[Egipties qbb = verkoel], die opgebreektes[Egipties = ptt ‘opgebreek’].” Die Middel-Eeuse Jode het die laaste woord gesien as die woord “skielik”. Die Rabbyne het gespring oor een letter na ʼn ander letter wat dieselfde klink in die gehoor, maar letterverandering in die Woord van God is nie toelaatbaar nie. Dieselfde het hulle gedoen met die eerste woord en vertalings soos “vervloek; is leeg; sterf; verrot” bewerkstellig deur een letter te verander, ook iets wat mens nooit met die Woord van God moet doen nie. Die oplossing was eenvoudig: Mohammed se tyd se Arabies kon nie die antwoord gee vir Moses se Egiptiese leenwoorde in Hebreeus nie. Ook sy oes is gesteel (vers 5). Met die tweede gedeelte van vers 5 het die skolaste lekker klei getrap. Hulle het nie geweet herwaards of derwaards nie. Orals het hulle die letters verander of ander ingeplaas of enkelvoud meervoud gemaak, of die teks dit toelaat of nie. Ongehoord vir die Woord van God. Dit is die lesing van die omgevormde teks. Die vertaling sê nie “een van die dorstiges sal hulle rykdomme insluk” nie. Die lesing van die behoudende teks is eerder “hy sal vermeerder dorstige rykdomme”. Die Egiptiese woord sc3.f  = ‘hy is ryk’ of ‘om te vermeerder’. Moses kon nie Arabies praat nie. Hy het Middel Egipties gewysig op ʼn vaardige en kundige wyse. Elifas sê dat dit is nie inherent in die aarde om euwel te voorsien nie. Elifas verstaan in vers 7 dat die engele lewer probleme af en vlieg dan terug na bo. Om dié rede, voel hy dat mens God moet soek (vers 8). Elifas projekteer God in verse 11-12 as ʼn soewereine God wat doen wat Hy wil selfs tot die nadeel van Sy skepsele, en dus verminder Hy hulle tot niks meer as skaak-pionne of speelgoed nie. As Hy Sy speelgoed wil breek, wie gaan Hom keer? Hierdie absolute siening van die Soewereiniteit van God is onbybels en mis die openbaring van Sy liefde. Volgens Elifas kies Hy ongepatroond die gevallenes en dié wat ween (vers 11). God vernietig die mens se verstandelike ondernemings op ʼn aktiewe wyse, en verhinder daardeur dat hulle dinge behoudend maak (vers 12), en wysheid en raad word weggeneem (vers 13). Wanneer God handel, is daar daagliks donkerheid vir diegene. Dit is God se keuse wanneer Hy die behoeftige en desperate persone wil red (vers 15). Daar is hoop vir die arme in hierdie opset (vers 16). So, alles wat gebeur met ʼn persoon is die discipline van God en moet nie verwerp word nie (vers 17). Elifas het gedink dat God pyn gee aan mense wanneer Hy so voel en dan later hulle weer gesondmaak wanneer Hy so gedagtig is (vers 18). Selfs al is daar een of sewe probleme, Hy kan ʼn persoon beskerm van die euwels (vers 19). In droogte en oorlog beskerm Hy die indiwidu van die dood (vers 20). Hy beskerm die persoon teen skinderpraatjies en die mens het niks om te vrees nie (vers 21). Mens kan lag vir vernietiging en mens hoef ook nie wilde diere te vrees nie (vers 22). Die rede is volgens Elifas, die mens se vrede-benadering in die huidige opset (vers 23). Met hierdie oriëntasie dan omring vrede ʼn persoon en die hemel gaan oop vir die persoon, op hierdie oomblik. Elifas het ʼn groot leemte in sy siening van ʼn behoorlike eskatalogie, die Bybelse een.

In sy boek Objectivism deur Leonard Peikoff (2010-2011) praat hy van die “Tweegeveg tussen Plato en Aristoteles” en hy som op: “Plato se idees van die ‘hoër wêrelde’ en self-opoffering as ‘die goeie’ het die Katolieke Kerk gehelp om magtig te word en het die Westerse Wêreld in die Donker Eeue gesmyt. Aristoteles se idees van ʼn objetiewe realiteit wat deur ons sintuie waargeneem kan word en van geluk as ‘die goeie’ het die Weste gehelp om uit die Donker Eeue en in die Renaissance te kom”. Hierdie tweegeveg tussen hemel en hedonisme (“laat ons eet en drink en gelukkig wees want môre sterf ons”) is wat ons hier het tussen Elifas en Job.

 

Genadige God,

Ons draai na u met ons behoeftes, nie omdat ons ons eie hemel op aarde wil skep nie maar omdat ons hoop in U om dit vir ons te skep in die eskaton. Ons verlang om in die huidige wêreld te leef met dié siening. Amen