Job: Hoofstuk 2

Koot van Wyk (DLitt et Phil; ThD) Besoekende Professor, Departement van Liberale Kunste Opvoeding, Kyungpook Nasionale Universiteit, Sangju Kampus, Suid-Korea, Medeaangehegde lektor by Avondale Kollege, Australië

 

In hierdie hoofstuk het Satan toegang gehad tot die hemel na die Val van Adam en Eva. As hy toegang gehad het tot die hemel vanaf 4179 voor Christus en dit is nou ongeveer 2143 voor Christus in die tyd van Abraham toe Job geleef het, dan kan mens aanneem dit is korrek dat hy toegang gehad het tot die hemel tot 31 na Christus toe Christus op die kruis gesterf het. Aangesien Satan hierdie planeet en hemelryk gesteel het, het dit die enigste verlore skaap geword met God ten volle op hoogte wat hier gebeur. Hy weet van Job se lyding en ook sy oorwinning oor lyding. Toe God Satan vra waar hy vandaan kom het hy geantwoord dat hy kom van heen en weer lopery oor die aarde. Baie besig om die kwaad en vernietiging. Nie alleen vir Job nie maar vir die ganse mensdom. Baie trots het God Satan gevra of hy sy hart “geplaas het op Job My dienskneg”. Job se Eienaar is God en miskien voor die kruis het God gehoop dat Satan sal steeds homself bekeer? Plaas jou geestelike self op Job and leer van sy geestelikheid dat Hy My dien and dat hy nie die kwaad van jou beplanning volg nie (v. 3). Satan beweeg God teen Job nie om van Job af te sien nie of hom in te ruil nie maar omdat Satan nie gaan bekeer nie en sy gang verander nie, en om daardie rede gaan God Job se dood sterf so dat Job mag lewe. En al die seuns van God sal dit sien en ook die ongevalle engele. Toe Rabbis Rashi en Ibn Ezra by vers 4 kom het hulle nie geweet wat om te maak met die vers nie. Instede van “vel”, is die Middel Egiptiese woord “om ʼn einde te bring”[E = scr = עור] wat Moses hier gebruik. Die Arabiese betekenis is ongelukkig twee millenniums te laat om van hulp te wees en in die dae van hierdie Rabbis in die Middel Eeue was Middel Egipties ʼn dooie taal, te vroeg om van hulp te wees. Maar nie in ons dag nie want sedert die Franse Rewolusie het Egipties “lewend” geword. Satan bedoel dat as Job gebring kan word naby sy einde of dood, sal die seëninge wat God gee aan mense omrede van en hoop van hulle siele, ʼn verskillende resultaat toon. Omrede daarvan wil Satan dat God sy vel aanraak met ʼn siekte (vers 5). God laat Satan toe om ʼn verwoesting oor Job te bring maar Satan moes toestemming vra want Job is God se besitting en het dit gebly. Satan het dus ʼn vel siekte gebring (vers 7). ʼn Ondersteuning vir Satan het gekom van Job se vrou wat voorgestel het dat hy só na aan sy dood is dat as hy God vervloek sou dit euthanasia wees vir hom. Job weier sy vrou se euthanasia voorstel (vers 10). Vriende van Job, ʼn eksistensialis (Eliphaz) ʼn humanis (Zophar) en een met wie hy problem gehad het met die wetenskap van sonde (Bildad) het na Job gekom. Geskok het hulle sewe dae gewag om met hom te praat. Job was vuil met as. Hulle met stof. As is ʼn remedie vir velsiektes wat mense vandag nog gebruik in die Verre Ooste.

 

Genadige God,

So baie onskuldige mense ly en U weet ten volle waarom. Maar U weet ook dat niks vergelyk met die seëninge en gawes wat U sal gee by U wederkoms en daarna. So sluit ons ook in U koninkryk van Genade. Amen.