In die opgaan van die preekstoel

 

koot van wyk (DLitt et Phil; ThD)

Besoekende Professor

Departement Liberale Kunste

Kyungpook Nasionale Universiteit

Sangju Kampus

Suid Korea

Medeaangehegde lektor vir Avondale Kollege

Australie

4 Augustus 2012

 

Gees van die Lewende God

as U nie hier is nie

tevergeefs preek die prediker

as U die teks nie vertolk nie

tevergeefs naspreek die prediker

niks anders as mense behaging

as U ons gedagtes nie vul nie

tevergeefs hoor ons die holle klanke

dwaas dink ons aan alles behalwe

Ontledig ons en maak spasie

vir Uself

skuif die Smartfoon opsy

stop die SMS'e

verplaas die selfbelange

stoot pyngedagtes opsy

vermy mense-verhoudinge vir n wyle

maak spasie vir Uself

en vul ons met Uself

dat die woorde vatplek kan kry

dat ek besluite sal maak

dat ek verander sal wil as dit moet

vir U en vir U saak op aarde

en as verandering moet

dan sal dit.

Anders is die diens van God nie Godsdiens nie

dan hoort ek nie hier nie

dan verspil ek my tyd

dan is alles net kerkspeel

en modeparade

en VIP vertoon

alles vir niks

So is U nie

en dit will ek nie mis nie

So, Gees van die Lewende God

kan ons saam stap hierdie heilige uur?