Job: Hoofstuk 4

Koot van Wyk (DLitt et Phil; ThD) Besoekende Professor, Departement van Liberale Kunste Opvoeding, Kyungpook Nasionale Universiteit, Sangju Kampus, Suid-Korea, Medeaangehegde lektor by Avondale Kollege, Australië

 

Elifas is die eerste vriend van Job om te reageer op sy uitroepe. Moses het hierdie vriende van Job gekies vir sy epos omdat hulle kennis van die Rebellie in die Hemel geskiedenis en die gevolglike uitgerekte kompetisie tussen God en Satan, totaal afwesig was van hulle lewensraamwerk. Elifas is ʼn eksistensialis en was betrokke in ʼn séance met Satan (vv. 12-22). Sommige geleerdes wil die goeie in Elifas sien en probeer om hom te verskoon dat hy slegs die dogmas van sy dag weerspieël. Hy sê dat Job ʼn berader was vir baie (vers 3) maar nou dat die tragedie na Job gekom het, is hy ongeduldig. Nou benodig hý ʼn berader. Van vers 7 verduidelik Elifas sy eskatalogie of siening van die eindtyd gebeure. Sy hele siening is opgemaak in presentistiese eksistensialisme (vers 8) “volgens wat ek gesien het”. Die bron vir sy kennis is sy ondervinding en sy sintuie. Hy het die konsep dat God die kwade straf in die huidige tyd en dat hy die gelowige beloon ook in die huidige tyd, “Die wat moeilikheid saai, oes dit”. Dit is deur God se huidige toorn dat die kwade tot hul einde kom (vers 9). Terwyl Elifas probeer het om te slaap een aand, het ʼn gees by sy gesig verbygegaan (vers 15). Hy was baie bang en het gebibber (vers 14). Sy hare het regop gestaan en hy het opgespring (vers 16). Hy kon nie die vorm behoorlik evalueer voor sy gesig nie. Die stem het God geblameer met taktiek wat mens herinner aan die role van Lucifer in die Rebellie in die Hemel. Die doel is om twyfel te saai oor God se regbeslissing. “Kan ʼn mens regverdig wees voor God?” (vers 17). “Kan ʼn mens rein wees voor sy Maker?” Hierdie twyfelagtige vrae sleep ʼn negatiewe reaksie saam en word versterk deur ʼn blaam wat op God geplaas is: “Kyk, Hy het geen vertroue in Sy dienskegte nie” (vers 18). Gekoppel aan hierdie blaam op aarde is een vir die hemelse terrein: “en foute/dwaashede plaas Hy op Sy engele.” Nou is daar ʼn rooi kaart uit vir Elifas en sy gees van die nag hier. Satan probeer sy speletjies hier net soos in Genesis 3 met Eva. As engele nie gespaar word nie, kan mense nie beter verwag nie. Tussen die oggend en die aand is dit God wat die mens in stukke breek, vervolg die gees, en Elifas herhaal dit (vers 20). “Hulle gaan onder van die weerhouding van die plasing tot ewigheidskap” menende dat die hemel is weerhou van hierdie deur God. Hy dink dat die ankers in hulle lewens word uitgepluk in hulle so dat hulle oorgegee word aan fatalisme, om te sterf en nie in wysheid nie.

 

Genadige God,

ook ons staan voor baie tragedies. Mense en ons gewetens wil ons aankla van kwaad wat God se onmiddelike straf noodsaak, maar ons weet dat U almal sal beloon in die toekoms. Hou ons in die holte van U hand. Amen.