Job: Job

Koot van Wyk (DLitt et Phil; ThD) Besoekende Professor, Departement van Liberale Kunste Opvoeding, Kyungpook Nasionale Universiteit, Sangju Kampus, Suid-Korea, Medeaangehegde lektor by Avondale Kollege, Australië

 

Job is nie maar net ʼn uitdenksel nie. Hy is nie ʼn fiktiewe karakter nie maar het werklik geleef, waarskynlik in die dae van Abraham. Abraham is gebore in 2229 voor Christus en Job het waarskynlik geleef toe Ishmael gebore is in 2143 voor Christus. Dit is die jaar dat die Sumeriese goeweneur van Lagash geregeer het. Hy was ʼn vrome heiden maar soos ons weet, is vroomheid nie alleen genoeg nie. Vroomheid met ʼn eier op die oor sal mens nie red nie in moderne tye nie en gelyklopend sou Gudea se vroomheid om steenbeelde van homself te maak as biddende vir sy godin, sou hom ook nie help nie. God is ʼn enige God en slegs die alleensynde God. Daar is nie ander saam of gelyk met Hom nie. Dit is die God van Job. Daar is mense wat probeer aandui dat Job met God murmureer maar dit is nie korrek nie. Die verse of woorde wat aandui dat God kwaad is vir Job was eintlik van die latere Arabies afgelei deur die Middeleeuse Jode en in Middel Egipties van Moses se dae het dit ʼn positiewe betekenis gehad. Ons kan dus nie die moderne navolgings van Middeleeuse Arabies gebruik om moeilike enigwoorde in Job te verstaan nie. Job was volmaak en het volmaak gebly van A tot Z. Hy het nie afgewyk van sy geloof nie, van Sy siening van God nie, van Sy siening van die leer van die laaste dinge nie. Wat ons in Job ervaar is nie net ʼn man in krisis nie, maar ʼn verhewe vlak waar daar ʼn Groot Stryd is tussen Christus en Satan. Die vriende van Job word almal instrumente van Satan deurdat hulle nie ten volle met God ʼn verhouding het nie. Halfgebak. En dit deug nie. Die boek Job vertel ons ook van God. Hy bly betrokke want alhoewel die boek ons baie van Job vertel, is Job besig om ons baie van God te vertel en uiteindelik leer ons meer van God as van Job.