Van Geknelde Land tot Gestrafde Land

Koot van Wyk (Dlitt et Phil; ThD) Besoekende Professor, Departement van Bevrydende Opvoeding, Kyungpook Nasionale Universiteit, Sangju Kampus, Suid-Korea, Medeaangehegde lektor vir Avondale Kollege, Australië.

F. A. Venter was gebore in 1917 in dieselfde dorp Hoopstad in the Vrystaat waar ook my oorlede moeder gebore was in 1930. Hy studeer aan Stellenbosch Universiteit en weens gesondheid later, vestig hy hom tot sy dood in die Strand, ʼn dorp wat ek vir elf jaar gesien het elke dag as ek van die Salisbury Seuns-tehuis by Helderberg Kollege afgekyk het na Gordonsbaai. Venter was ʼn skrywer van Afrikaanse novelles en veral vier is relevant vir dié skrywe: Geknelde land (Afflicted land) (1960) Offerland (Land of sacrifice) (1963) Gelofteland (Land of the covenant) (1966) en Bedoelde land (Intended land) (1968). Hy was lief vir die tema van die ‘Afrikaner as Christen in sy wereld’: getoets, bevegd, bestryd, verdryfd, oorleefd en gevestigd. Die inheemse bevolking van Suid-Afrika se oues van dae sal met gemengde gevoelens meedeel dat die Afrikaner in hul lewe ʼn bydrae gemaak het, ten spyte van hul pyn van deels-uitgesluitheid. Die erfenis van die Afrikaner word weerspieël in menigte standbeelde en monumente wat hulself herriner aan hul besondere geskiedenis. Lees mens Afrikaner gedigte van D. J. Opperman, Uys Krige, en ʼn lang lys van digters kan genoem word, is daar diepte en sielsondersoek; ʼn gedurige vra of die mense-verhouding reg is; geregtelik en skoon voor die enige God. God is in die prentjie van die Afrikaanse digter of skrywer wat sy of haar (Elizabet Eybers byboorbeeld) emosies en passie beheer en dissiplineer. Daar is geen donker aanporing of aandringing tot verbranding, skending van ander se regte, se Vryheid, se reg om te lewe en te besit nie. Die aanhitsing en aanporing en rebelsheid is afwesig in die Afrikaner se gedigte. Die Klassieke Afrikaner. Die mooiheid van die kuns het die seer van rasse-probleme, liefde, skeiding, dood, siekte, tragiek, haat, gedefineer maar altyd met die oog na God vir ʼn antwoord en selfs as daar geen antwoord is nie, byvoorbeeld Totius (S. J. du Toit) se “Godsbesluit”. “O die pyngedagte, my kind is dood”. En as ek alles probeer verstaan dan gryp ek vas in die dorings van die Godsbesluit. Pragtig. Diep. Mens kan verstaan en saamleef daarmee. Alles het betekenisvolheid gehad en verkry selfs toe die Afrikaner tot die sielsgroeing gekom het dat die swart meerderheid ook die reg gegee moet word om te kan stem in 1976. Dit was aanvaar omdat dit Bybels korrek klink en nie omdat sanksies gedruk het nie. Die Christen swartes en gekleurdes het dit gesien en ten volle verstaan in die Afrikaner. Daar was nog geloof in die Afrikaner, in geheel gesien, alhoewel daar geen algehele oorgeromantiseerde siening van gemaak moet word nie. Selfs toe die regerings-verandering kom en die swart paradigma sy verskyning gemaak het in 1994, het die blanke en spesiaal die Afrikaner, nie verdwyn nie maar voort bly bestaan deur die Hand van God wat beskermend is oor die wat Hom vrees. Dit is nie omdat Mandela ʼn goeie mens per se is nie want hy het ook God in die tronk gevind. Daar was gereeld Christen kapelane wat met hom en ander sielsversorging verskaf het. En vir byna 20 jaar na 1994 het dit so voortgeduur tot in 2013 toe die Universiteit van die Noorde ʼn ateis in diens geneem het by hul seminarie. Wat ʼn kontrasterende euwel in die hart van die Afrikaner Kalvinisiese Hervormende Geloof! Dat Jaco Gerricke ʼn lektorskap gegee is alhoewel hy aanlyn verklaar dat hy ʼn nihilis en godsloënaar is, is verstommend en tragiek skokkend. Hy word deur die Afrikaner sedertdien op die hande gedra en gepamperlang in die media. Nou wil die SBL sy boek bespreek oor die godsverloëning as alternatiewe paradigma in die Bybel. Ook skokkend van die SBL organisasie wat ook verbaals het. Jezebel en Agap loop nou loshande in die kerk en kerksake van die Afrikaner. Baaldiens word gepromoveer. Die Gay-verordinerings kwessie word gestook deur die belangrikste proffesore en predikante en leiers van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika, al is daar teenstanders ook. Dít alles na 2013. Toe stuur God’s Hand ʼn droogte na Suid-Afrika, en die EFF om die Afrikaner se taal, monumente, universiteite en erfgoed aan te val. God sal in ʼn oogwenk die beskawing in die niet laat gaan oor hulle grootse sonde wat hul gepleeg het. Skokkende dinge is die voorland van die Afrikaner in Suid-Afrika, nie hieroor of daaroor nie, maar oor die verwerping van God’s Woord en geloof in die God wat bepaald is oor hoe mense oor Hom dink en betrag. Waar is Geknelde Land? Belofte Land? Offerland? Bedoelde Land van die 1960’s? Dit het sedert 2013 geword “Gestrafde Land”. My siel huil nie oor die erfgoed nie, of die taal, of die beskawing nie, maar oor die pyn van God wat so in die gesig gevat word.

Genadige God

Ons kan nie ons oë toemaak vir ons eie sonde nie. Dat u gruwelik kwaad is vir die uittarting van U sake, is voor die handliggend. Gee dat die Afrikaner hom/haarself sal wend tot grootse hervorming, geloof, belydenis, verandering, om te leef vir God en Sy taak met die mens op aarde. Amen.