Job: Hoofstuk 6

Koot van Wyk (DLitt et Phil; ThD) Besoekende Professor, Departement van Liberale Kunste Opvoeding, Kyungpook Nasionale Universiteit, Sangju Kampus, Suid-Korea, Medeaangehegde lektor by Avondale Kollege, Australië

 

Job antwoord sy vriende in die hoop dat hy ʼn regverdige verhoor kan kry. Hy wens dat sy positiewe vreugdes[Middel Egipties hcwt betekende ‘vreugde’. Moses het niks geweet van latere Arabies nie en dus is vroëre Egipties ʼn beter erf vir betekenisse] en negatiewe omdraaierye[Middel Egipties gwš betekende ‘omdraai’] kan in ʼn skaal saam geplaas word, een aan die een kant en die ander aan die teenoorgestelde kant. In die Egiptiese Oordeel konsep om middernag voor die god Osiris, sit daar ʼn aap met jakkalsstreke op die kruin van die balans en hy beïnvloed die resultaat. Die afgestorwene se hart is aan die een kant op die skaal en daar is negatiewe dade aan die ander kant. Job sê dat omdat daar ʼn behoefte is aan ʼn behoorlike Oordeel van sy lewe (slegte dade en goeies) daarom is die resultaat dat dit swaarder is as die sand van die see en vir die rede is hy in ʼn staat van strydigheid[Middel Egipties r-c-ht betekende ‘strydigheid’ wat beter is as die laat Arabiese ‘om dwaas te praat’] (vers 3). Die hoofstuk is gevul met Middel Egiptiese woorde, wat slegs gebruik word in Job of baie skaars in die res van die Ou Testament. Dit was die taal van Moses in 1460 v.C. Die pyle van die Almagtige en die vernuf[Middel Egipties mt betekende ‘vernuf’ wat ʼn beter betekenisveld is as die Akkadies imtu en Ugarities mt wat ‘hul gif’ beteken] is wat die siel van Job moet drink en die wonders [Middel Egipties b(3)yt betekende ‘wonders’ wat beter is as die laat Arabiese ‘terreur’] van God is teen Job (vers 4). Job vra of ʼn donkie en ʼn os sal pleit[Middel Egipties neheq betekende ‘pleit’] of staar[Middel Egipties ggwy betekende ‘staar’] as hulle goed na gekyk word. Kan mens iets eet wat asemhaal[Middel Egipties tpr betekende ‘asemhaal’ want in Egipties gebruik hulle ʼn /r/ vir ʼn /l/] sonder sout of is daar ʼn smaak in die vark[Middel Egipties rer betekende ‘vark’ plus die voorsetsel be wat ‘in’ beteken in Hebreeus] wat vir die dode voorberei is? (vers 6). “My siel weier om dit te raak; hulle is soos onreine[Middel Egipties tui betekende ‘afgruweling’ en die Ugarities dw betekende ‘onrein’] vir my as voedsel” (vers 7). Sy toestand is so sleg dat hy saam met die huisloses is wat byna alles eet en selfs varke! Job het ʼn gevestigde siening van God se vermoëns vir hom (verse 8-9). Hy het die Woord van God baie goed bestudeer en dit toegepas in sy daaglikse lewe “ek sal voorsien word[Middel Egipties srw betekende ‘om te voorsien’] in pyn” (vers 10). Is daar ʼn beter dag vir hom steeds? (vers 11). Hy is in ʼn maalkolk of oningelig[Middel Egiptiese woord m wat beteken ‘oningelig’] met geen wysheid (vers 13). Die gevaar is dat geen goedheid sal ingebring kan word deur ʼn vriend nie (vers 14) en mens kan die vrees vir die Almagtige verloor. Sy broers was vals soos ʼn rivier wat wegvloei (vers 15). Hulle is soos bedekte sneeu en wanneer hulle ontspan[Middel Egipties srf betekende ‘rus’] dan verdwyn dit (vers 17). Alhoewel hulle paaie ʼn uitbulting maak[Middel Egipties rptt betekende ‘vroulike beeld’ menende dat hul paaie maak ʼn beeld in die verte maar soos dit verder gaan verdwyn dit] verdwyn hulle (vers 18). Reisigers is op die uitkyk vir hulle (vers 19). Hulle kyk uit vir paaie en riviere maar daar is niks (verse 20-21). Hulle sien die tombe[Middel Egiptiese 3t of 3tt betekende ‘tombe’] en is bevrees (vers 21b). Job het nooit besittings gevra van vriende of hulp teen ʼn vyand of van ʼn verdrukker nie (verse 22-23). Job por sy vriende aan om hom te leer hoe hy dan kwansuis verkeerd is (vers 24). Sy vriende dag dat hulle woorde is ʼn disspline vir ʼn slegte vriend en dat hulle woorde is tipies van ʼn desperate slegte persoon wat ly vir sy kwaad (vers 26). Sy vriende het nie ʼn goeie reputasie gehad nie (vers 27). Hulle beëindig[Middel Egipties gr betekende ‘afeindig’] oor hulle vriend (vers 27). Hulle behoort bly te wees met ʼn glimlag op hul gesigte wanneer hy buig[Middel Egipties ks betekende ‘neerbuig’] (vers 28). Hy wil hê sy ware vriende moet terugkom want daar is niks verkeerd met hom nie (vers 29). Hy is in staat om uitgekerfde instrumente te onderskei met sy smaak en dus sal hy gelyklopend versigtig wees omtrent sy woorde ook (vers 30).

 

Genadige God

Gee aan ons ook die vermoë om te onderskei en ʼn soeke vir geregtigheid en reg doen soos Job. Wetende meer van Satan se rol in sy omstandighede maak ons vertrouend in U volle kontrole oor ons lewens. Amen.