Christen denke en die anti-Godsdienstige Nederlandse Pöesie van die 1880's

 

koot van wyk (DLitt et Phil; ThD)

Visiting Professor

Kyungpook National University

Sangju Campus

South Korea

Conjoint lecturer of Avondale College

Australia

25 December  2011

 

          Daar is ook die gedagte-patroon van sommige dat die kunstenaar absolute vryheid gegee moet word. Dan is daar ook departemente by universiteite wat vra dat hierdie absolute vryheid van die kunstenaar gerespekteer word en verstaan word in die milieu waarin hulle optree, skryf, verf, vormeer.

           Nederlandse Pöesie van die 1880's is so ʼn voorbeeld. In my studentejare het ek Afrikaans-Nederlands gestudeer en in een van die studiebriewe van die departement het een van die lektore by die Universiteit van Suid-Afrika, prof. dr. R. Wiehahn) aangedui dat ons nie te krities moet staan teenoor die Tagtigers van die Nederlandse Pöesie nie. Ons moet nie te sterk reageer teen hulle anti-godsdienstige pöesie en anti-Christelike opmerkings nie. Dit moet verskoon word in die lig van die oormaatskaplike kuns.

           Nadat ek die artikel oor die selfverheffing van Lucifer geskryf het in die Klassieke Hebreeuse Pöesie in Jesaja 14:12-14, is dit interesant hoe Wiehahn die selfverheffende kuns van die Hollandse Tagtigers verhoog, nl. Willem Kloos ens. Een van die kenmerke van die tagtiger-poesie is dat

"Kunst (moet) de alle-individueelste expressie van de alle-individueelste emotie zijn".

           Hierdie woorde vind ons by die Tagtigers soos Willem Kloos se bespreking van Gorter se sensitivistiese Verzen 1898 (twee jaar na my ouma se geboorte). Dan wil Wiehahn die selfverheffing goedpraat:

           "Die belangrikheid wat die Tagtigers aan individualisme ten opsigte van selfervaring sowel as die uitdrukking daarvan toegeskryf het, verteenwoordig weereens ʼn reaksie teen die oormaatskaplike digkuns van hul voorgangers en moet nie net negatief vertolk word nie" (AFN 202 B/1 bladsy 145 en 146, Studiegids dr. R. Wiehahn).   Hieroor verklaar Knuvelder (1967:15) "Positief, betekent hun individualisme de sterkste zelfbevestiging, de behoefte het IK tot zijn hoogste ervaringsmogelijkheden op te voeren".

           Dit is nie verkeerd om te soek na selfervaring nie, maar waarom moet die damwal van godsdiens afgebreek word voordat die persoon ʼn nuwe een gebou het (aldus my Confucius).

           Willem Kloos het "Ik ben een God" geskryf. Dit is nie nodig om die verkeerde passies in die mens uit te wys nie maar mens moet bewus wees van die gevaar daarvan of die gevolge daarvan. Die Tagtigers het geglo aan "L'art pour l'art" nl. dat kuns terwille van kuns bestaan. Daarom is daar n hartstogtelike verering van die skoonheid as ʼn abstrakte idee. Verwey, ook ʼn Tagtiger het ook die skoonheid as ʼn plaasvervanger van die Christelike godsdiens beskou. "Vandaar die ontkerstening van Christelike simbole in die Tagtigers se gedigte, die anti-godsdienstige neigings, waarmee hulle ook duidelik hul verset teen die gedagteinhoud van die predikantspöesie te kenne gegee het".

           Moet mens nou stilswyend met ʼn verleë glimlag en grinnik toestem tot hierdie "duiwelse neigings"? Net soos Lucifer in Klassieke Hebreeuse Pöesie van Jesaja? Ek meen dat geen Christen sy waardering hieroor kan uitspreek nie. Dit is dan Satan se begrippe in pragtige literere vorme en klanktegnieke gegiet.

           Daar is twee wee . . . vir die Christen wat reg lyk, maar aan die einde van een lê die dood.

           Dit help nie om te skuil after soetsappige verskonings dat sy of haar milieu hom of haar gevorm het nie. Omdat hy ʼn slegte of bekrompe agtergrond het of gehad het, moet hy nou verskoon word? Daar bestaan nie verskonings vir agtergrond nie. Wat verkeerd is, is verkeerd, agtergrond ten spyt. Agtergrond sal slegs help by versagtende omstandighede sodat die straf nie te vreeslik is nie.

           Almal het oor Jesus gevra: "Kan daar uit Nazaret iets goed kom?" Ja, daar kan, en daar het. Jesus het daaruit gekom ten spyte van n Hillbrow, Yeoville, ʼn doolhof van prostitusie, drankmisbruik, dwelmhandel, pornografieverbeeldinge en gay-assosiasies, het die Seun van God soos ʼn lelie uit die modderslyk opgestaan.

Hy kon, ek kan nie. Regtig? Is jy gekoppel aan ʼn verslawing? Praat met ander wat oorwin het. Maak nuwe vriende. As ander kan omdraai, so ook jy.

           Net Hy? Ons ook, miskien nie identies nie want daarom het Hy gekom om te red en kan ons onself nie red nie, maar soortgelyk, definitief nie kontrasterend of anti-godsdienstig nie.

           Niemand kan sy goedkeuring gee deur te begin met ʼn verskoning van die verkeerde nie, of ʼn apologie daarvan nie. Dit is kompromie. Dit is toegee. Toegee waaraan? Nee, toegee aan wie? Die Klassieke Hebreeuse Pöesie van die gedig in Jesaja 14:13, 14.

           Selfs die Israelitiese pöesie (wat enige persoon wat iets van Hebreeus weet met my sal saamstem) is daar nie hierdie verering van die abstrakte idees nie, bv. skoonheid nie. Die prag van die "son" en "hemele" in Psalm 19:5c-7b en vers 1 is beslis nie ʼn vergoddeliking van die skoonheid nie alhoewel daar ʼn personifikasie daarvan is. In 19:5c-7b het hierdie vergelykings beslis nie die begrip van vergoddeliking van die skoonheid nie alhoewel daar personifikasie daarvan is. Dit is ook die siening van Hans LaRondelle, Deliverance in the Psalms, bladsy 90. Israelitiese pöesie het nie die skepsele en skepdinge (nie eers hul konsepte en idees) wil vergoddelik nie.

Israelitiese pöesie se vormtegnieke, begripstegnieke en klanktegnieke hoef geensins terug te staan vir die moderne kuns nie. Die sogenaamde Klassieke periodes van ander se kulture se poesie word partymaal verhef as die kuns waarby alle ander digters "kan kom leer" en "nie kan kersvashou nie". Daar word van die kuns gepraat asof daar nog nooit enige ander kuns was wat dit oortref het nie. Sulke oningeligtes moet Klassieke Hebreeuse Kuns studeer. Die Hebreeuse pöesie is net so gelykwaardig en oortreffend as enige ander sogenaamde moderne Klassieke periode. Dit is nie armer of onontwikkeld nie, is nie kuns in sy laagste vorm nie, is nie klakkelose herhaling soos dit in die moderne vertalings voorkom nie. Dit kenner van Hebreeus sal weet waarvan ek praat.

           Daarom, ʼn woord van apologie. Aangesien mens so ʼn rykdom van pöesie het, waarom moet die nihilistiese en egoistiese en skoonheidsvergoddelikings as die pöesie by uitstek aangedui word? As Psalms dit kan wees binne die raamwerk van God en godsdiens met of sonder sondaar (bv. Dawid, die moordenaar, of Moses die manslag krimineel), dan is daar geen verskoning vir Willen Kloos en die Tagtigers se anti-godsdienstige pöesie nie. Of hoe?

           Die bybelse fenomeen (Bybelse digter) is dieselfde as the Nederlandse Tagtiger se fenomeen. Beide is mense, beide het emosies, beide hanteer selfverheffing, beide gebruik vormtegnieke (alhoewel uniek met chiasmes binne daardie milieu en Tagtigers met sonnette binne hul milieu). Beide gebruik klanktegnieke, begripstegnieke maar die begrippe van die Klassieke Hebreeuse Pöesie is nie dieselfde as die begrippe van die Tagtigers nie. Die Klassieke Hebreeuse Pöesie is godsdienstig behoudend selfs in Christelike konteks maar die Tagtigers se pöesie is anti-Christelik, karikaturisering van die godsdiens.

           Die gevolgtrekking is dus, waarom moet ons die Nederlandse Tagtigers soos Willem Kloos met sy "Ek is ʼn god in die diepste van my gedagtes" verskoon?