Job: Hoofstuk 1

Koot van Wyk (DLitt et Phil; ThD) Besoekende Professor, Departement van Liberale Kunste Opvoeding, Kyungpook Nasionale Universiteit, Sangju Kampus, Suid-Korea, Medeaangehegde lektor by Avondale Kollege, Australië

 

Job word beskryf deur Moses in sy geskiedkundige epos as ʼn ekonomiese plaasboer. Hy het 7000 skape en 3000 kamele en ook 500 osse en dit is ʼn groot besigheid. Ook het hy 500 donkies gehad en sy huishouding was baie groot. Ons dink maar net hoe groot werk dit is om ʼn paar diere te onderhou vir ʼn sirkus en dit gee ons ʼn idée hoe groot die besigheid van Job was. Net soos Abraham, was Job baie ryk. Sy seuns het gereeld geëet in mekaar se huise saam met hul susters. Ons weet dat hulle nie alkohol gedrink het nie of varkvleis geëet het nie gedurende dié tye, want Job was nie bewus dat hulle gesondig het nie siende dat hy vir hulle gebid het in die vroëe môre (ulay hatheu) “miskien het hulle gesondig” (vers 5). As “wyn” (vers 13) gebruik word in die bybelse betekenis in ʼn negatiewe konteks, het dit alkohol bevat. Job het vir sy kinders ʼn offerande gemaak voordat Moses die instruksies vir die boek Levitikus, Numeri en Deuterononium by Sinaï ontvang het in 1448 voor Christus. Job was miskien ʼn tydgenoot van Abraham wat gebore was in die jaar 2229 voor Christus en wie ook bekend was met die leerstelling van die Heiligdom en die plan van verlossing en die rol van versoening. Al God se aksies kom uit die Heiligdom en dit is waar die seuns van God en ook Satan byeenkom (vers 6). Satan het toegang gehad tot die Heiligdom van die Hemel voor die kruis maar nie ná die kruis nie. Die Hoër Kritiese Metode (HKM in Engels HCM) geleerdes klae almal dat Job in die Persiese tyd geskrywe moes gewees het want die woord Satan is kwansuis ʼn Persiese woord en dus ná die vyfde eeu voor Christus. As die boek Job in die Persiese tyd geskryf was, het Moses dit nie geskryf nie en siedaar, die eerste klug maak sy verskyning. Moses het die epos in 1460 voor Christus geskryf in Midian en siende dat hy uit Egipte gekom het, is die Middel Egiptiese woord vir “slangs3-t3 uitgespreek as Sa-ta. Die Middeleeuse Rabbi Rashi het gesê dat Satan se rol hier was om te rapporteer oor die meriete en skuld van al God se skepsels. Hy was die “pussy cat who focus only on the mouse under the chair despite all the wonderful things to be seen in London” (aangehaal uit die Youtube video van Evangelis C. D. Brooks “Little Willy”). Misplaasde fokus. Toe God Satan vra of hy Job gesien het en hoe volmaak hy is (vers 8) was die antwoord negatief. Satan gee nie aandag aan goeie dinge nie. Hy blameer God omdat Hy hom verhoog[Egipties = s3 = שכת > verhoog] (vers 10). Satan versoek ʼn geleentheid om hom na onder te trek. Hy wil Job op ʼn dolle jaagtog neem. Geseënd en verhoog deur God, veronderstel Satan, sal Job suur word en in die teenoorgestelde rigting begin dink. Vier ongelukke tref Job: die Sabeane steel sy osse en donkies; die vuur verbrand sy skape en diensknegte; die Kassiete (wie Babilon geregeer het toe Moses geskryf het, menende die voorvaders van Moses se dae Kassiete), het al sy kamele geneem en ʼn orkaan het sy kinders gedood. In skok het Job ses dinge gedoen: hy staan op, skeur sy klere, skeer sy kop, val op die grond, aanbid God, en hy praat en seën God in sy gesprek. God was baie tevrede. Satan was nie. Job het nie gesondig nie en gladnie God blameer nie.

 

Genadige God

U het ons gevra om te bid: “Lei ons nie in versoeking nie” en nou verstaan ons hoekom. Gee ons die krag van Job om te sê in enige dolle vaart van die lewe, geseënd is my God want al my probleme is toegedraai in Hom. En so is ek ook. Amen.