Transformasie en die Tyd van Benoudheid

(Koot van Wyk [DLitt et Phil; ThD] Besoekende Lektor by Kyungpook Nasionale Universiteit, Sangju Kampus, Suid Korea, Medeaangehegde Lektor vir Avondale Kollege, Australië)

 

Die woord “transformasie” is sedert die Groot Stryd tussen Christus en Satan in die hemel. Satan wou hê dat mense moet transformeer, deur ʼn ander pad te loop as die wat God daargestel het. God benodig Satan om te transformeer en tot inkeer te kom op ʼn geestelike vlak. Maar Satan het net in die politiek belangestel en die enigste transformasie wat hy voorgestaan het, is om die troon en spasie van God te gryp en dit tot sy eie eiendom toe te skryf. Die erfenis en eienaarskap van God, wat Hom geskep het, wat Hom van niksheid tot ietsheid gemaak het, wat hom opgebou het, hom sy werk verskaf het naby die mag van God, dit moes nou deur transformasie deur Satan gegryp word (Jesaja 14:13) “ek sal sit op die berg van die vergadering [van God]” met sy troon bokant die sterre van God.

Hierdie vergrypings-sindroom het nooit met Satan se Val gesterf nie. Hy karring en torring met die gedagte van generasie tot generasie. Elke wêreldryk wat gekom het sedert die Vloed in 2692 v. C.: die ryk Kish, die ryk Eanna, die ryk Ereg, die ryk Ur I, die ryk Awan, Kish II, Ḫamaṣi, Ereg II, Adab, Maer, Kish III, Akšak, en die Sumeriese Koninglys beskryf die opkoms en val en transformering van elke ryk met transformasie sinonieme soos: “omvergegooi” (ba-šub) “regeringskap gevestig”.

Maar in daardie dae was dit nie net Satan wat sy transformering in die politieke kultus bedryf het nie, ook die goeie het geestelike transformering gebring. In Kolum II lyne 16-19 sê die Sumeriese Koningslys dat “Etana die herder wat na die hemel opgevaar het wat die buitelanders gelowig gemaak het, het koning geword. God vereis van elke skepsel van Hom ʼn transformasie van die kwaad tot die goeie. Wat is goed? Die Psalmis in 119:51 sê dit weer en weer: deur die gebooie van God te hou, is goed en reg en die sukses van transformasie “die arrogante is totaal teen my, ek draai nie weg van U wet nie”. Enige voorstel of aksie kort van die gebod van God val kort van die heerlikheid van God of Sy goedkeuring. Die kwade mag suskes hê in hul waansin maar dit is van korte duur. Ewigheid word nie aan dié dade gekoppel nie.

Twee nasies en kulture wat langs mekaar geleef het in die antieke tyd is die Assiriërs en die Babiloniërs. Assur was in die Noorde en Babilon in die Suide. Die Assiriërs moes gereeld nasies gaan oorneem en slawe invoer om hul werk te doen want hul aarde was oop vlaktes en kos was nie maklik om voor te berei nie. Alles het geld gekos en dus moes hulle lande gaan beswaard met belasting en skatte wat hulle kon terugbring. In die jaar 1327 v C. lees ons in een tablet, het Tukulti-Ninurta van Assirië, Babilon ingeval en geneem. Hy het sy “mag vir ewig opgestel” en die woorde “vir ewig” word gebruik om sy transformasie droom te beskryf: ana aḫriti = “vir die toekoms/ewig.” ʼn Ander teks vertel ons hoe lank die “ewig” was of die toekoms transformasie program van Tukulti-Ninurta want dit sê dat ná sewe jaar het die edelmanne van Akkad of Babilon gerebeleer en een van hul eie manne op die troon gesit van Tukulti-Ninurta. Die teks lees dat Tukulti-Ninurta “wie tot die stad Babilon, tot sondigheid, sy hand opgelê het” (Kroniek 25 iv lyne 7-11) en so is die skelet van transformasie uit die hangkas. Hy kon sy hande nie afhou van ander se eiendom nie. Hulle het hom van die troon afgehaal en hy is vermoor. Die transformasie planne van Satan fluister allerhande dinge aan albei kante in die ore van mense en nasies en kulture. Toevallig was dié periode in Israel ʼn typerk van rus wat vir ʼn lank tyd geduur het (80 jaar) onder die rigterskap van Ehud.

In ons eie dag is transformasie ʼn droom vir landgenote in Asië waar ʼn nasie in twee gedeel is deur ideologie wat afgedruk word op een kant van die verdeling. Hulle word gevange gehou deur magte wat hul dwing om slegs sosialisties te dink en as hulle verskil word hulle in tronke en werks-kampe gegooi of gestraf. Dus wens dié wat ideologies vry is van die verslaafde konsepte dat daardie anderkant se gedeelte van die land sal “transformeer” en verander om die vrye gedagtes in te sluit. Hulle op hul beurt droom dat die Suide sal “transformeer” en meer sosialisties word sodat hul mag kan uitbrei na die Suide toe.

In Nederland word die universiteit studente in opvoeding (vanuit Suid-Afrika en ander lande, ook die Derde Wereld), gevoer deur professore wat “transformele opvoeding” voorstaan. ʼn Opvoeding wat nie net intellektueel dinge goedkeur nie maar wat meganismes in die gemeenskap skep om dit wat hulle sien as “goed” vir hulself te laat realiseer. Wat nie hulle s’n is nie gegryp kan word, as die gemeenskap oortuig kan word om diefstal te legitimeer. Dit is interesant dat Paulus sê dat in die laaste dae sal daar wetteloosheid wees en geweld. Dit bring ons by die onderwerp van “transformasie en die Tyd van Benoudheid”.

Amerika in die verkiesing skreeu vir “transformasie” aan die regse en aan die linkse kante. In Suid-Afrika is daar ʼn “transformasie” etiket wat geheg word aan erfenis-vergryping om dit te legitimeer in die skaal van ekonomiese ongelykthede. Mandela wat die grypaksie in toom gehou het, is nou oorlede, en die jonger geslag, met invloede van jonges elders in Afrika, en Nederland se opvoedkundiges by die universiteite, skreeu “transformasie”, naamlik om te neem soos Robin Hood van die rykes en dit aan die armes of hulself toe te eien. Verdienstelike beregting word nou in die skaal van die reg ondergeskik gestel aan gelyke beregting. Dit is alreeds in Europe gedoen sedert 2007 toe die Duitse president verklaar het dat daar nou nie meer man of vrou is nie maar slegs “iets” wat self kan besluit wat die “iets” of “dit” wil wees, man of vrou. Alles vir gelykheid’s beregting. Die hele kwessie in die Nederduits-Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika oor die Geslags-liberale Bediening (2011-2016) gaan om dié wêreldspier wat die breine kielie.  

Jesaja 25:8 sê dat wanneer Christus kom sal Hy die aantygings/aanklag/skuldigverklarings van Sy [geestelike] volk van die aarde” vrymaak. Dit is omdat hulle beskuldig sal word van allerhande sake gedurende die Tyd van Benoudheid. Gedurende die Klein Tyd van Benoudheid wat die Groot Tyd van Benoudheid vooraf sal gaan, sal God “ʼn vesting wees vir die behoeftige in angsbevangenheid” (Jesaja 25:4a). Daar is nie in God se bestel ʼn blanko tjek wat gegee word aan materialistis-georienteerde gemeenskappe wat alles in hul lewens met dollar en sente wil uitwerk nie. Hierdie “behoeftige” van die teks is dié wat geestelik aan die Here behoort.

Globale spoilasie of landvergryping is een van die tekens van die tye vir die Tyd van Benoudheid. Onder die vaandel van “transformasie” gaan hulle “die wees wat ons plunder” of “die wat ons besteel” (Jesaja 17:14). Gedurende die Tyd van Benoudheid sal daar “stede vernietig wees sonder inwoners” soos ons dit het in Sirië (Jesaja 6:12). Die rede is dat daar ʼn grootskaalse migrasie of uittrekking is uit die land aan die einde van tyd (Jesaja 6:11b-c). Die “transformasie” faktore lei tot ʼn waansin op politieke, ideologiese, verkeerde godsdienstige, en ekonomiese gebiede en denkende dat hulle goed doen, vernietig hulle. Die Here is die Een wat mense “vêr verwyder” (Jesaja 6:12). Dit is waar die deurmekaar spul begin sin maak. Die Bybel sê dat God dit bewerkstellig. Waarom? Hy het dit voorspel, dit sál gebeur en dit móét gebeur om die Tyd van Benoudheid te bring want anderkant die Tyd van Benoudheid wag die Koning van die Eeue om Syne te kom haal (Daniel 12:1). Baie nasies sal teen geestelike Israel wees aan die Einde van Dae en sal wens sy is skuldig (Miga 4:11). Die migrasie aan die einde van dae is ook gesien deur die profeet Habakkuk, naamlik dat God sal veroorsaak dat nasies migreer (Habakkuk 3:6).

Aan die einde van dae sal Egiptenare word soos vrouens want die Here sal Sy hand oor hulle waai (Jesaja 19:16). God is betrokke in ons deurmekaar wêreld en wat ookal gebeur dit móét gebeur om die einde te laat aanbreek.

Landvergryping word nie beskou in ʼn positiewe lig in die Bybel nie. In Joël 4:2 is God kwaad omdat hulle “My land verdeel”. Miga 6:11a sê dat hulle problematiese skale van euwel het wat op ʼn korrupte wyse self-verrykend optel. Hulle het sakke vol verlydende standaarde wat byvoeg tot hulle korrupte self-verykking op alle gebiede (Miga 6:11b). Geweld lei tot self-aangesteldheid en self-promivering (Miga 6:12). Leuens lei tot self-regverdiging en die verkeerde word weggerasionaliseer (Miga 6:12b). Hul tonge is vol tweesprakigheid en lei tot selfgerigde verbaliserings (Miga 6:12c).

Jesaja 49:10a sê dat God sal Sy volk voorsien van kos en water in die Tyd van Benoudheid.

Die transformasie op geestelike vlak is dat “alle volke sal gaan elkeen in die naam van sy eie god” (Miga 4:5a). Ekumenisme klop ook aan Adventiste se deur soos ons kan sien by Italië gedurende April 2016.

Deur al die transformele deurmekaarspul van Satan se planne op aarde is daar die transformasie van God wat die sukses is in Miga 6:8: doen geregtigheid, laat goedheidsgeliefdheid geliefd wees, wandel nugter met God.

 

Genadige Heer

Transformeer ons op die regte manier en laat ons staande bly terwyl alle transformasies van Satan afbreek en laat val te midde van ons kerk, gemeenskap en land en die hele wêreld, wetende dat alles goedberekend deur U gesien word Wie begeer om ons spoedig te kom haal. In Jesus Naam. Amen