---Paulus vra ons om ʼn kleed van Christus af te vra.

---Te midde van alle nonsens rondom ons, sê Paulus “maar”.

---Ten spyte van ʼn wereld wat inmekaar val rondom ons, gryp die geleentheid en oorkom die probleem met ʼn aantrek van ons Here Jesus Christus.

---Om Paulus behoorlik te verstaan in Romeine 13:14 sal ons agter begin en dan na vore gaan.

---Die kleed van geregtigheid is nodig en Job 29:14 praat daarvan. (Dankie leraar Ettienne McClintock [Australie] vir die teks). 

---Ons weet dat Satan hom geteiken het.

---Hy het soos ʼn paal bly staan. Sy geheim is die kleed van geregtigheid.

---Adam en Eva het hul kleed van geregtigheid verloor toe hul gesondig het.

---Ons weet nie ons is naak nie maar as ons klere skielik verdwyn sal ons dit weet.

---As mens klere aan het kan mense nie ons naaktheid sien nie.

---As ons die kleed van Christus aan het kan Satan ons nie vind nie. Hy was nog besig om ons te versoek toe ons die kleed vra van ons Here Jesus Christus. “Waar is sy? Waar is hy?” vra Satan verward. “Hy was nou hier en nou is hy weg?”

---Paulus sê beklee julle met die Here Jesus Christus. Romeine 13:14 eerste gedeelte.

---Die kleed maak onsigbaar en onsigbaarheid het te doen met die onmiddelike oorkoming teen versoeking.

---Ons wil is ingevleg met die wil van die Heilige Gees. 1 + 1. As ons die kleed aan het.

---Ons wil nie sondig nie. Ons soek dit nie.

---Ons leef in vrede en geluk. Maar dan kom Satan voor Christus staan en verklaar dat ons is nie vatbaar vir versoeking nie, omdat Christus die kleed gee en omdat die Heilige Gees ingevleg is met ons wil. Hy beweer dat die Heilige Gees beheer ons wil om te konformeer met allerlei heilige truuks.

---Christus zip oop die kleed en sê: “Versoek hom/haar. Jy sal sien dat dit sy/haar wil is, nie die Heilige Gees wat hom/haar dwing nie.”

---Satan versoek maar die Christen bid “Lei ons nie in versoeking nie. Hul voeg toe, Maar kleed julself met die Here Jesus Christus”.

---Die zip gaan toe. Onmiddelik. Die versoeking is oorkom! Danksy Christus soos Judas 24 sê.

---Nou is ons gereed om by die hart van die teks uit te kom.

---Watse versoeking het Paulus in gedagte in Romeine 13:14? Daar is baie versoekinge daagliks beskikbaar vir Satan. Hy is die R&D van versoeking.

---Paulus verduidelik hoe die probleem onstaan en wat ons nie moet doen nie.

---Die probleem onstaan, volgens die Grieks van Romeine 13:14 in die pronoian. Dit is die voor-gedagtes. Dus, fantasie of verbeelding.

---Die verbeelding van die vlees [tes sarkes] is die verbeelding oor die liggaam van die mens sonder die Heilige Gees. Dit is nie goed nie.

---Kom ons gee ʼn voorbeeld. Nero het op 17 keiser geword in Rome na die wrede Calgula se dood.

---Aanvanklik was hy baie populêr wat met sy stem en lier mooi musiek  gemaak het wat die gehore op hul voete gehad het.

---Sy lewenstyl word toe ʼn probleem en ons moet dit noem want dit is ʼn voorbeeld van wat Paulus praat hier.

---Nero het ʼn jong man ontman en later met hom/dit in die strate die mense gaan vermaak met sy nuwe “meisie”. Dit is fantasie en voor-denke van Nero.

---Daar is nog vreeslike dinge wat Nero gedoen het wat Suetonius, sy biografis van vertel, maar mens se ore sal rooi bly as mens dit moet noem.

---Dit is voorbedagte rade of beplanning om afwykend in die strate te gaan gehore vermaak. Die verbeelding is ʼn verstandelike probleem, ʼn pro-noian. Dit is n verbeelding van die vlees of tes sarkes.

---Dit is ʼn vleeslike gefokus van die fantasie op die liggaam.

---So wat sê Paulus is die oplossing?

---Doen dit nie. Me poiesthesthe.

---Neem nie deel daaraan nie. Gaan nie verder daarmee nie. Los dit uit. Stap weg. Draai om. Weier. Gee pad.

---Dit is wat nie doen beteken.

---Doen nie wat van die vlees nie?

---Die identifikasie volg nou in die Grieks: eis epithumias. Tot begeerte.

---Watse begeertes? Tes sarkes = vleeslike.

---Vat dit nou saam: Moet nie die vleeslike begeertes vooruit bedink of fantaseer nie en moenie die vleeslike begeertes doen of tot sy doen bring nie.

---Ten einde dit nie te doen nie, beklee julle met die Here Jesus Christus.

---Maak dit nou meer sin?