Verlos in alle opsigte

 

Koot van wyk (DLitt et Phil; ThD)

Besoekende Professor

Department van Liberale Opvoeding

Kyungpook Nasionale Universiteit

Sangju

Suid Korea

Medeaangehegde lektor van Avondale Kollege

Australië

 

God wil van elke individu 100% gehoorsaamheid en 100% volmaaktheid hȇ. Al is die gewig van my 100% gehoorsaamheid net 70% volmaaktheid teenoor ʼn ander persoon wie se 100% gehoorsaamheid 80% volmaak is, vereis God van my, my 100% kapasiteit binne my vermoens en binne my juk wat Hy gesny het, groot genoeg vir my skouers.

Die 30% wat ek dan tekortskiet word opgemaak deur Christus se 100% gehoorsaamheid wat 100% gewig het in volmaaktheid in my guns deurdat Hy vir my intree in die hemel as my Advokaat. Die standaard van gehoorsaamheid is steeds 100% vir elkeen en die volmaaktheid wat ons nastrewe is steeds 100% en die ongemaklikheid wat ons ervaar deurdat dit net ʼn 70% gewig het noop ons op ons knieë daagliks om vergifnis te vra vir ons tekortkominge en te pleit vir Christus se plaasvervanging. “Wanneer dit in die hart is om God te gehoorsaam, wanneer poginge aangewend word tot hierdie rigting, aanvaar Jesus die wanbalans en aanbieding as die mens se beste diens, en Hy maak op vir die tekort met Sy eie heilige verdienste” (My Life Today 250).

Maar, sȇ sommige, ek is ʼn vrou wat in ʼn mans liggaam vasgevang is. Hoegenaamd nie. Dit is ʼn pseudo gedagte. Sielkundiges wat dit vir u se weet nie waarvan hulle praat nie of hou van die idéë want hulle het self die probleme vir hulself op die hals gehaal in die verlede. Die vroulike gewoontes en sienswyses, en smaak, en belangstelling, en maniertjies, en praat gewoontes is wat dit is, gewoontes. Dit is aangeleer en kan afgeleer word. Hou op om te kyk na mans figure en liggame, op TV, fotos, videos, boeke, tydskrifte of op strande. Hou selfs op om na jouself te kyk in die spieël. Die brein verwerk beelde tot begeertes en deur die kraan toe te draai, kom ʼn kentering van plaas. As naakte mans uit storte kom, kyk verby hulle na iets anders. Weier om in die koekon te bly en ontglip deur te waak waarna mens kyk. Hoe minder beelde in die brein is hoe minder verbeeldings kan opgedis word en hoe minder word die begeerte na die verbeeldings. En siedaar, die sogenaamde vrou in die manlike liggaam is skoonveld. Leer om beter te praat. Praat stadiger. Wees bedag hoe daar gereageer word want ander kan dit interpreteer as vroulik. Selfs al is dit geensins mens se idéë om vroulik te praat nie, kan dit so klink vir ander. Sistematies verander mens die gewoontes.

Daar is dus geen rede om te sȇ dat mens dit oorgeërf het en dat mens niks daaraan kan doen nie. Party moderne kerke wil die Bybel weggooi omdat dit teen hierdie benadering is. Daarom is daar in die jongste tye selfs mense wat probeer se dat die Bybel is oudmodies en dat ons in moderne tye leef met moderne standaarde wat anders is as wat die Bybel se tye was. Geensins nie. Niks het verander nie. Sogenaamde vroulike “vasgevangdes in manlike liggame” was reeds sedert die Vloed in 2523 voor Christus gewees. In klei tablette was n spesiale “vroulike” dialek gebruik deur manlike priesters wat vroulike rolle moes vervul in die tempeldiens in Sumerië. Die hele konsep is so oud soos die mens. Verkeerde dinge het ingekom met Satan na die Val en sedert Eden probeer Satan om mense se identiteit te wysig want as hulle vasgevang is in die selfgespinde koekon van gewoontes wat hulle van kinds af geleer het, dan verwar hulle dit as hulle eintlike realistiese identiteit en gooi in wanhoop van verandering dan die Bybel by die agterdeur uit, en dit is net wat Satan wil hȇ.

Kan mens God aanbid en die benadering handhaaf? Gladnie. Die gewoontes moet afgeleer of ontleer word. Vandag moet mens begin om vriende te vermy wat mens voorheen gehad het, ophou kyk na wat mens gereeld gekyk het, videos en fotos en boeke verbrand wat adverteer dit wat mens se oë gereeld na gekyk het. Vervroulike mans is Satan se metode om verwarring te skep en dit is so oud soos die berge. Net soos alkoholiste moet werk aan hulle drank-gewoontes of rokers om op te hou, so moet die vervroulike benaderings uitgegooi word in die lewens patrone om plek te maak vir die eintlike identiteit om na vore te kom. Dikwels is drank en rook met die vervroulike tendens verbind. Hou dadelik op drink en rook. Daarmee verdwyn ʼn groot reeks van iemand se vriende. Maar vir die siel se ewige lewe is dit baie belangrik.

Daar is nie so iets in die Bybel dat vervrouliking of vermanning deur die Bybel “geakkomodeer” word nie. Dit gaan nie om liberaal of konserwatief nie maar om Bybels te wees.