Bruikbaar


Genadige God

Was ek ʼn seëlring aan U vinger

Vandaar afgehaal

Oorgegee in die hand van die vreemde -

Het U my uitgedryf

Uit my land in ʼn ander land

Waar ek nie gebore was nie?

 

Die land waarna ek verlang

Wil U my nie laat terugkeer nie?

Is ek soos Konia ʼn verwerpte

Gebroke beeld

ʼn pot met geen nut nie?

 

Gebruik my in U groot genade

Is my hoogste geluk

Tot U en nie my glorie

Amen.

 

Koot van wyk (gebaseer op Jeremia 22:24-28).