Job: Hoofstuk 3

Koot van Wyk (DLitt et Phil; ThD) Besoekende Professor, Departement van Liberale Kunste Opvoeding, Kyungpook Nasionale Universiteit, Sangju Kampus, Suid-Korea, Medeaangehegde lektor by Avondale Kollege, Australië

 

Job begin nadink oor sy posisie van hierdie hoofstuk aan. Geleerdes wil die dele van nou af aan noem “gesprekke in poëtiese vorm” en Satan as deel van ʼn kunsmatige proloog, maar wat hulle mis is dat Satan se hand reik uit oor hoofstuk drie in hoofstuk vier in met die séance verskyning aan Elifas in 4:12ff. Satan gebruik Job se vriende om sy aanslag voort te sit. Hulle was stil maar hier begin Job praat. Die Talmoed sê dat simpatiseerders is veronderstel om niks te sê nie tot die weeklâer die gesprekke open. Job kla oor die dag van sy geboorte in ʼn reeks verbinde vergelykings: dag en nag (vers 3); donkerheid en lig (vers 4); donkerheid en wolke en swartheid (vers 5); nag, dae van die jaar, maande (vers 6); om onvrugbaar te wees en sonder vreugdevolle geroep (vers 7); laat hulle stil wees[Egipties kbb betekende “stil wees”] wat die dag vervloek (vers 8). Stêrre moet donker word, geen lig en moet nie die oggend sien nie (vers 9). Alles weens sy geboortedag. Hy vra dat God nie navraag doen oor sy geboortedag nie (vers 4). Job wil hê iemand moet hom die doel van sy bestaan uitwys (verse 11-12). Drie keer gebruik Moses die woord “noag” = rus, om vars betekenisse van die Sabbat te onderstreep. Die Niniveh spykerskrif Assiriese Woordeboek K4397 lys die betekenis van “Sabbat” as “rus [noag] van die hart”. Job sê dat as hy sterwe, slaap hy, hy lê, is stil en hou dus die Sabbat (vers 13). Job gee ʼn tweede betekenis vir Sabbat of rus of noag in vers 17, naamlik om toorn te laat rus; vir gevangenis om gemakliker te wees deur nie die stem van hul taak-bevelvoerder aan te hoor nie; groot en klein, vryheid van werkgewers (verse 18-19). Die Targoem sê dat die studente wat moeg is vir die Tora sal rus van dit in die dood, maar dit is nie wat die teks wil sê nie. Job gee ʼn derde betekenis van die Sabbat of rus of noag in vers 26, naamlik om houtgerus te wees, stil en vry van die daaglikse gemaal. Die Targoem sê dat weens die verslae wat ingekom het oor sy kudde was Job nie gemaklik nie, die verslag van die vuur was hy nie stil nie, die verslag van die kamele was hy nie houtgerus nie en weens die verslag van sy kinders het moeilikheid gekom. Die benadering van die Targoem is nie korrek nie. Om geliefdes te verloor is moeilik vir almal. Met hierdie definisies van rus, toon Job vir ons dat hy nie Sabbats’ vrede en genietlikheid het nie en dat as hy nie bestaan het nie, sou hy nie gely het deur die afwesigheid van Sabbat’s vrede en seëninge. Job wonder waarom God nie die problem verhinder het nie alhoewel Job nie God blameer nie. Wat is die doel van die lewe as mens alles win en dan alles weer verloor? Waarom gee ʼn liefdevolle God lewe aan ʼn bitter siel? (vers 20). In die antieke Griekse tye was die drama verhoog gebou in drie vlakke en drie hout vloere: bo vir die hemel, in die middel vir die daaglikse lewe op aarde en die onderste vlak vir die onderwêreld. Die tragedie is die donkerheid van begrip oor wat aangaan en die akteurs ly hierdeur. Die begrip is by die gehoor wat al drie die vlakke in perspektief kan sien. Die gehoor kan die Rebellie in die Hemel sien en die Stryd tussen Christus en Satan op die boonste vlak. Die resultaat vir die mens in die middelste vlak kan ook deur hulle gesien word. Moses maak die leser die gehoor en die proloog in hoofstukke 1-2 die vlak bo en onder en die daaglike lewe in die middel vlak. Job se kreet is sy afwesigheid van die kennis van die komplot van die leier van die Rebellie in die Hemel maar die leser is goed ingelig deurgans.

 

Genadige God

Ons leef met daaglikse tragedies en chaos om ons wat ons raak. Dankie vir Moses se historiese epos oor die lewe van Job wat ons behoorlik inlig hoe om lyding te hanteer en wat om te maak met pyn in ons lewens. Amen