ʼn Beknopte Oorsig van Liberalisme in Adventisme

 

Koot van Wyk  (31 Maart 2016)

 

Toe Raymond Cottrell dood is in 2003 en die nuus tot my kom, het ek net ʼn stuk van sy werk gelees en tot die slotsom gekom dat hy nie ʼn groot man in Adventisme was nie, maar ʼn groot “Baal profeet”. Ek het die resultate vir Smuts van Rooyen gestuur en dié het my met vuur en gebyt geantwoord, maar ek was oortuig ná analise van Cottrell se een werk.
 
Cottrell het tussen 1940 tot 1969 alles in sy vermoë gedoen om die Adventiste liberaal te maak. Hy stig toe saam met sy maats Bible Research Fellowship in 1940 wat "konstruktiewe kritiek op mekaar moes lewer sodat skolaste kan groei".  Dit is soos hy dit stel. Maar inteendeel het hulle begin om elke aspek van die Adventiste leerstellinge te begin bevraagteken, onder die vaandel van studie in die kommitee. In 1950 verklaar president W. Branson dat die BRF is ʼn "renegaat organisasie" en hy stuur ʼn brief oor die wêreld om al die leiers te waarsku.
 
Hulle was uit die veld geslaan en kwaad daaroor. Hulle het steeds met hul werk voortgegaan en in 1969, na 30 jaar in die sendingveld kom Robert Pierson by die Wereld Konferensie aan as president. Hy was onmiddelik baie kwaad oor die werk van die BRF en besluit dat voortaan teoloë nie oor die leerstellinge van die kerk kan besluit nie, dit moet deur administrateurs gedoen word. Teoloë reageer en Gordon Hyde, Robert Pierson vra toe vir Gerhard Hasel om in 1969 na Andrews Universiteit te gaan om "huis skoon te maak". Hy het.
 
Baie professore was geskuif en vervang. Andrews was ʼn byenes. Cottrell was baie kwaad en skryf later oor die tydperk dat dit ʼn tyd was van die gekonkel van Pierson-Hyde-Hasel span waar hulle ʼn "argitektoriese krisis" in die kerk gebring het tussen 1969-1979. Arthur Coetzee het aangeland en gesimpatiseer met die liberales en was ook kwaad vir Hasel.
 
ʼn Insident het plaasgevind na Coetzee se arrivering en Hasel as Dekaan was beskuldig maar die FBI het gevind dat Hasel ʼn alibi gehad het. Maar Coetzee het blykbaar daarin geslaag om Hasel die Dekaanskap te laat afstaan.
Volgens Cottrell se autobiografie (wat aanlyn is) het Hasel toe die ATS gestig om konserwatisme te bevestig. Coetzee het fondse "opgedroog" vir Hasel en daar was nie goeie dae tussen hulle nie. Maar toe begin miljoeners in die kerk soos byvoorbeeld die Little Debbie fabriekk eienaar in Tennessee om vir Hasel $2 miljoen te gee vir die opleidingsfondse van konserwatiewe studente in die teologie. Hy het bepaal dat die geld nie in Coetzee en tesourie se hande moes wees nie en ook dat dit uistluitlik vir konserwatiewe studente gebruik sou word. Ons liewe Vader in die hemel het myself en my vroutjie gevoer uit die fonds.

Die Afrikaner (ʼn liberaal gesinde) en die Duister (ʼn konserwatiewe gesinde) maar in groot spanning.  Cottrell het natuurlik saam met ander voorgestel dat Present Truth in 1970 gestig word nadat Hasel gearriveer het tussen die lot liberales by Andrews. Coetzee het eers in 1977 gekom? Adventist Today is later gestig. Dit was die mondstuk van die Liberales.
Die liberale "nes" het S. Bacchiochi ingesluit want op sekere dinge was hy konserwatief maar oor die VFD vicarius filii dei was Bacchiochi baie liberaal en het J. Paulien en R. Stefanovich beinvloed. Hasel en Bacchiochi het ook nie aan dieselfde kant van die vuur gesit nie.
 
Die simposium op Bybelse Hermeneutiek van Gordon Hyde was ʼn poging om die konserwatiewe skolaste te gebruik om die kerk se geleerdes ʼn handleiding te gee wat die gevare van liberale denke in die wetenskap van die Bybel aan te dui en te identifiseer. So ook die boeke van Hasel. Almal.
Cottrell was baie kwaad en toe Hasel dood is in 1994 toe sê Cottrell in Oktober 1995: "Bybelse Hermeneutiek: watse verskil maak dit?" Baie sarkasties. Hasel is dood in Junie 1994 en Cottrell skryf in Oktober 1994: "Waar gaan ons heen met Adventistiese Kreationisme?" In September 1997, 3 jaar na Hasel se dood, skryf Cottrell (die muis is baas as die kat weg is): "Eksegetiese weersprekinge in die tradisionele siening van Daniel 8:14". In Februarie 2002 skryf Cottrell: "Die Heiligdom Leerstelling: Is dit ʼn pyn in die nek of ʼn groot diamand?" Hy is dood in 2003 en Smuts het my kop gewas oor my reaksie. Maar aangesien ek op Cottrell se autobiografie afgekom het eergister in sy eie woorde, staan ek by my analise: As geskeide man was Cottrell dieselfde as George Knight: beide het liberale idees oor Adventisme en speel in die hande van die Baal profete en staan nie by Elia nie.
 
Ted Wilson is die teenoorgestelde van Robert Pierson: "Administrateurs maak nie leerstellinge nie, teoloë doen dit".
Die BRI is geinfiltreer deur die liberale nes en so ook die Wereld-Konferensie. Ons moet maar die ou Sabbatskool boekies oor Daniel en Openbaring van die jare 1969-1989 gebruik en nie die huidige lesse, spesiaal vir die twee boeke. Soos byvoorbeeld nou die dag se Sabbatskoolles oor die sewe Kerke van Openbaring. Geen datums was genoem nie. Hoe moet ons nou die nuwelinge in die kerk voed met so ʼn boek?

Liewe Heer

Ellen White sê ons moet nie broei op die negatiewe aspekte van die wat krities staan teenoor die Waarheid nie maar eerder fokus op die Waarheid. Help ons om dieselfde gesindheid te hê. In Jesus naam. Amen.