Gods werkspan en hul ongelukke

Koot van wyk (DLitt et Phil; ThD)

Besoekende Professor

Departement van Liberale Opvoeding

Kyungpook Nasionale Universiteit

Sangju Kampus

Suid Korea

Medeaangehegde lector vir Avondale Kollege

Australie

 

Die beroemde Christen Radio persoonlikheid, Chuck Swindoll gee n lesing op Youtube oor “Boars in God’s vineyard”. In die lesing haal hy verskeie verse van Paulus en ander aan rakende die krisis bediening van die predikant. Een vers sal genoem word: Romeine 16:17 aangehaal: “Maar ek spreek julle aan, broers, om uit te kyk na die wat tweespalt en skandalige dinge langs die lering wat ek julle onderrig het, maak. Ook moet julle van hulle uitbeweeg/uitdraai. “

Om tweespalt te maak is om te agiteer en om te agiteer is om met kerkpolitiek besig te wees. Sulke mense oefen hulle binnegeveg met die kerk meer as hul vermoe om Satan onder die ongelowiges met die evangelie te besleg. Swindoll se dat hulle is “sincere saints that leaves scars”.

Swindoll verduidelik dat hulle respekvolle individue is maar hulle ondermyn die bediening. Hulle doen meer kwaad as goed. Hulle is soms, in die woorde van n skrywer en boek aangehaal deur Swindoll, in die bogenoemde lesing, “well intentioned dragons”. Hulle is drake wat dit moeilik maak om te verskil sonder om die verskil te agiteer.

Statistieke wys dat 80% predikante benodig hulp met moeilike mense in die kerk. Iemand het gese, “waar daar lig is, is daar insekte”.

Vir die predikant het God sy werk gegee. Dit is sy roeping. Van buite gesien mag dit die beeld gee van misplaaste geleenthede, maar God kan reguit slaan met n krom stok. Daarom sal die opregte Christen predikant hom skaar by God op sy knee gedurende die krisis.

Ons moet brieke aanslaan met Paulus in Romeine hier omdat dit nie altyd die geval is in die kerk nie. Wat bedoel ons daarmee? In Paulus se geval was die mense meegesleur deur hulle eie ingewande/begeertes (koilia) en deur mooipratery (grestologias) en mooi woordjies (eulogias) verly hulle die harte van die goddelose (Romeine 16:18).

Wat as die mense wel vlei, mooi woordjies gebruik en mooipratery maar hulle baklei teen die kerkpolitiek?  Wat bedoel ons met kerkpolitiek?

Ek het vanoggend lank daaraan gedink. Ek weet nie van ander gemeentes nie, maar my gemeente waar ons aanbid gebruik God n koukus, n nukleus van skinderbekke as VIP’s in die kerk wat al die besluite maak, bevorderings, aanstellings, preeklyste, onderwerpe, finansies en al die ander sake.

Dit is vir my n wonderwerk hoe God rowers, diewe [geen tiende betalende diakens], drinkers [diaken], sabbatwerkende ouderlinge kan gebruik om sy kerk te laat gebeur. Is daar probleme in die gemeente? 80% van die gemeentelede het die een of ander siekte soms fataal. Ons besoek Sabbatdae meer siekes as gesondes. Die VIP groep is God’s masjien waarmee die kerk beweeg of nie. Hulle is n groep wat deur kronisme en voortrekking aan bewind gekom het in die kerk en deur familie en vriende bande aangestel word in poste wat die status quo nie sal versteur nie. Nie almal is n toonbeeld van opregtheid nie. Nie almal is geestelik nie. Nie almal is opgewasse nie. Nie almal is leerstellig sekuur nie. Van die groep is daar gereeld een of twee of meer wat net wil speel of ontspanning’s metodes wil aanwend om die godsdiens n plesier te maak en nie lang gesigte altyd nie. Hulle wil speletjies he en kerk kampe wat nie verkeerd is opsigself nie. God gebruik hierdie snaakse opset van sake om Sy kerk te bestuur. Om die waarheid te se is kronisme en voortrekking onwettig in die moderne samelewing maar Bybels was dit die enigste manier waarop God Sy Uitverkorenes gelei het. Dit was altyd familie-bande waardeur God gewerk het, hoe swak die seepkiskassie ookal aanmekaar geslaan was.

Ons kan nie te krities wees met God’s seepkiskassie VIP’s nie. Maar hulle moet altyd hul hand in eie boesem steek en hulself afvra: het my of enige van ons aksies, iemand verontreg. Het ons al die moontlikhede in die Boek gebruik om die ongelukke wat deur ons VIP’s veroorsaak is, terug te bring na die kerk?

Baie van die lidmate werk op die presiep dat “die predikant stem met my saam, die hoofouderling en sy vrou ook, die kerkraad so ek is reg.” Maar is ek?

Hoeveel van die finale konsensus wat ons VIP’s bereik het is as gevolg van gevoelvolle nuances by die kortstorietjies aangeheg en ingeryg soos krale om die strop om die nek van die uitgewekene, of ongeluk slagoffer te plaas?

Wie is die slagoffer en wie is die aanvaller?

“Ons het opgehou maar hy gaan aan.” Is dit regverdig om die blaam op die ander party te plaas?

Swindoll se dat daar vier dinge is wat hy gewoontlik vra en ek het dit aangepas vir Sewende dag Adventiste:

1.   Is wat gese word in ooreenstemming met die Skrif?

2.   Is wat gese word in ooreenstemming met EGW?

3.   Dit wat gese word, verheerlik dit God of myself?

4.   Sal dit meewerk om my geestelikheid en heiligmaking te verdiep?

Ander tekste is Titus 3:10-11.

Paulus vermaan ons om ons oe oop te hou vir sulke mense.

n Vrou in ons gemeente se man is baie siek aan suikersiekte. Sy wil trek en vra hulp by die kerk. Sabbat se my vrou dat ons bereid sal wees om na Sabbat te help. Een diaken besluit toe in ons afwesigheid dat hy die volgende dag, Sondag te besig sal wees en hy wil nie weer van die plaas terugry om te kom trek nie, so hy bel toe al die VIP’s nadat ons vertrek het om te kom help trek. Op die Sabbat. Die hoofouderling, and ouderlinge, diakens and hul vrouens, die ganse VIP groep trek toe Sabbat middag vir die vrou. Toe ons na sononder ry om te gaan help, was almal alweer by hul huise. Ons het vir die ganse groep betug met die SMS dat hul hulself moet bekeer. Na weke se dikbek, agteraf pratery, mompel, piep en alles meegaande, begin dit inskemer by almal dat hulle n fout begaan het. VIP’s kan foute maak!

Daarom moet VIP’s en hul slagoffers opreg hande in eie boesem steek en opreg vra wat hul bydrae was tot die tragedie.

Liewe Heer

Ek is net vlees en been maar U ken die getal van my hare, my DNA, my gedagtes. Help my te besef dat die mens kan verander, ook ten geode, alhoewel ek net die kwaad gehoor het. Amen